top of page

Die vrug van die Gees - Goedhartigheid

Hierdie woord bestaan uit twee dele, goed en hartigheid of dit kan in een woord saam gevat word, goedheid. Die goedheid moet 'n hartsdaad wees. Iets wat jy vir ander doen met 'n passie maar wat belangrik is, is om dit vir jouself ook te doen.



Die bekende preidker Charles Swindoll het gesê, goedhartigheid is iets wat 'n blinde kan sien en 'n dowe kan hoor. Moet nie uit die oog verloor dat goedhartigheid deur die Heilige Gees aan elkeen gegee sal word wat hulle hart vir Jesus oopmaak. Paulus skryf in Romeine 9 hoe die Here sy volk sal uitkies en hoor wat sê hy in (23), So sou Hy ook die rykdom van sy heerlikheid bekend maak oor die voorwerpe van sy ontferming, die mense wat Hy vantvore voorberei het om aan sy heerlikheid deel te hê. Ek en jy is alreed uitgekies om deur God verheerlik te word.


Die goedheid wat Jesus aan ons gewys het met al die lyding wat Hy verduur het is vir my genoeg bewys wat goedheid werklik is. Dit was iets wat Jesus ons kom leer het met sy offer, Hy was en is goedhartig gewees met al die pyn en lyding wat Hy verduur het. Goedhartigheid loop hand aan hand saam met liefde.


Ek lees in Matt 25:31-46 die profetiese rede: die laaste oordeel. Lees dit gerus en sien die prentjie van hoe dit gaan wees die dag wanneer Jesus terugkom. Wat vir my uitstaan uit die paar verse is vers 40; En die Koning sal hulle antwoord" Dit versker Ek julle: Vir sover julle dit aan die geringste van hierdie broers gedoen het, het julle dit aan My ook gedoen.


Die vrug van die gees, liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing is alles gawe van die Gees en wat ook deur die die Gees gevorm word binne jou. Die Heige Gees sal die saad plant en laat ontkiem maar ek en jy sal dit moet laat groei. Dit alles is goed wat ons sal moet oefen, hardwerk daaraan en baie deursettingsvermoë sal moet toon.


Hoor wat sê Matteus in 11:22-23; "Let dan op op die goedheid en strengheid van God: sy strengheid oor die afvalliges, en sy goedheid oor jou. Maar dan moet jy uit sy goedheid lewe, anders kan jy ook uitgekap word. En wat hulle betref, as hulle nie in hulle ongeloof volhard nie, sal hulle ook geënt word, want God is in staat om hulle terug te ent.


Goedheid beteken om ander eerste te stel of om jouself eerste te stel. Dit is om verby jou eie seer te kyk en ander met hulle seer te help. Om daardie spreekwoordelike tweede tree vir ander te gee sonder om op te let dat jy dalk twee tree terug gaan. Om te besef dat ander jou dalk meer nodig het as wat jy jouself nodig het. Met die wete dat God jou goedheid raaksien.


Soos ek nou sit kom die volgende by my op:


G - Gee

O _ Ons

E - Eerste

D - Denke

H - Hartlik

E - En

I - In

D - Dankbaarheid


aan ander. Dit beteken stel ander eerste in alles met ' n goeie hart. Kom ons oefen dit en deel ons goedhartigheid met soveel mense daarbuite en maak 'n verskil. Lees weer Matt 25:40 - as ons dit aan die geringte doen, doen ons dit vir God ook.

24 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page