top of page
Writer's pictureGeloof

Die vrug van die Gees - Liefde (Deel1)

In Galasiërs 5: 22 deel Paulus is baie belangrik met ons. Hy kom lys al die voordele uit van die vrug van die Gees. In die volgende paar dae gaan ek deur elkeen van die voordele wat Paulus noem.


Liefde


Nou vra ek myself af, "Wat is liefde?" In staan Johannes die spyker op sy kop.


1 Johannes 4: 19 - 20 : 'Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy 'n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie. '


Dit sê baie. Ek besef nou dat ek baie kortkom as dit by liefde kom. Ek dink as ek na die wêreld kyk en alles waardeer die hele wêreld tans gaan, sit ons almal in dieselfde bootjie. Kom ons wees eerlik met mekaar, ons het baie om aan te werk as dit by liefde kom.


Hoe verander ons dit?

1 Johannes 5: 3-4 : Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie, want enigeen wat 'n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof.


Lees dit gou weer!!!! Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie, want enigeen wat 'n kind van God is kan die sondige wêreld oorwin. Wat kan ons nog meer sê oor liefde. Ons het nie 'n verskoning nie.


Lees gerus die hele 1 Kor 13 oor die liefde ook. Dit is eintlik bespreking op sy eie en sal ek dink dit gaan 'n hele paar dae vat om deur dit te werk.


Om op te som al het ons geloof en hoop maar nie liefde nie, beteken dit niks want in 1 Kor 13 :13 staan daar, en die grootste hiervan is die liefde.


Volg ons by @gloinGod om die reeks oor liefde te voltooi.


My gebed aan elkeen wat hier lees is dat elkeen sal besef dat Jesus die enigste en beste voorbeeld van liefde kan wees. Hy het vir my en jou sondes gesterf en ons is hom ewig dankbaar.


Jesus kom neem hierdie persoon in U arms, vertroos hom/haar met die liefde wat U vir ons beswys het. Hoor elkeen se seer, pyn en nood en vervang dit met U liefde vir ons.


5 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page