top of page

Die vrug van die Gees - Vrede


Wanneer ek dink aan vrede is die eerste woord wat by my opkom "Shalom". Wat beteken die woord? - Mag vrede, guns en God se goedheid jou hele menswees omring en beskerm. Dit is die beste sëen wat jy iemand kan toewens. Shalom kan in baie aspekte van jou lewe ervaar en beleef word, in jou persoonlike verhouding met God, met vriende en familie, by die werk, in ons land en in die wêreld.


Kol 3:15 verduidelik dit so mooi, "en die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar.

Ons moet die vrede wat Christus ons gee moet die deurslaggewend faktor wees om met vrede saam met ander te kan lewe. Paulus skryf in Romeine 12: 18 - As dit moontlik is sover dit van julle afhang, leef in vrede mat alle mense.


Ons moet dus die besluit maak om in vrede met mekaar te lewe. Ek en jy moet die verskil maak en nie verwag dat iemand anders vrede moet najaag nie. Jy kan slegs vrede ervaar as jy in vrede lewe, saam met ander in vrede lewe. Paulus skryf aan die gemeente in Korinte en vermaan hulle in 2 Kor 13:11 - Verder, broers, wees bly, streef na die geestelike volwassenheid, aanvaar vermaning, wees eengesind, leef in vrede. En die God van liefde en vrede sal by julle wees!


Die woorde in Hebreërs 12:14 som dit vir my so mooi op. - Beywer julle vir vrede met alle mense asook vir 'n heilige lewe, waarsonder niemand die Here sal sien nie.


Ek en jy kan alleenlik vrede ervaar as ons in vrede met ander lewe. Daar moet vrede in ons lewens wees en die vrede met ander, die wêreld sal automaties ervaar word.


Shalom vir elkeen wat hier lees - Paulus sê aan die Filippense dat hulle al hulle behoeftes in gebed na God moet bring. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus (Filippense 4:7).


31 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page