Die eerste ding wat ons uit die weg moet kry en dit is die verskil tussen God se vreugde en wêreld se vreugde.
Hierdie vreugdes staan lyn reg teenoor mekaar maar wêrelds vreudge kan net ervaar word as die vreugde van God jou lewe oorheers. Hoekom?
Ons lees in Matt 5:11-12 hoe Jesus die dissipels tydens die bergrede leer en onderig. Gesëend is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat slegs is van julle sê. Wees bly en verheug, want die loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.
Wanneer dinge nie volgens jou plan verloop nie is dit nie dat God jou straf nie, Hy het iets beter vir jou ingedagte.
Lukas is ook 'n baie goeie voorbeeld van sy geduld en gehoorsaamheid aan Jesus. In Handeling 5:17-42 word deeglik beskryf van die lyding van die apostels maar in vers 41 bemoedig hy ons met die woorde; Die apostels het van die Raad af weggegaan, bly dat hulle bevoorreg was om ter wille van die Naam van Jesus verneder te word. Kyk net na die woorde van vers 42; "En hulle het nie opgehou om die mense elke dag in die tempel en in die huise te leeren die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is." Is ek en jy bereid om verneder te word?
Dawid bemoedig ons deur die Psalm 16:11 - " U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit U hand kom net wat mooi is.
Die vraag kom nou by my op, "Hoe gaan ek die wêreldse vreugde kan ervaar terwyl ek nog op aarde is? Deur God se vreugde eerste te soek en daarna te streef om gehoorsaam aan Hom te wees. Dawid gee ons goeie leiding, U leer my hoe om die goeie te doen. As ons na God se stem luister want Hy leer ons, sal ons oorvloedige blydskap ervaar en ons sal dan net die mooi in die lewe ervaar. Maak Goddelike vreugde jou eerste prioriteit en die wêreldse vreugde word vir jou op 'n skinkbord gegee.
Wanneer ervaar jy nie vreugde nie? As jy bekommerd is oor iets of as iets jou verhinder om naby aan God te leef. Daardie aanhoudende sondes laat toe dat die duiwel jou gedagtes oorheers en kla jou gedurig aan voor God. Ons moet leer om nie die Satan die kans te gee om in ons gedagtes, gevoelens en lewe in te beweeg nie. Hy sal elke dingetjie teen jou gebruik en jou vreugde ( Goddelike vreugde) te steel.
Kom ons wend vandag 'n daadwerklike poging aan om hom nie toe te laat om ons vreugde te steel nie.
My gebed is dat die Here jou vandag sal help om die aanslag van die duiwel teen te staan en God se vreugde te kan proe.
Comments