top of page

Die vrug van die Gees - vriendelikheid

Ek het eenmaal iemand gehoor sê: Vriendelikheid kos niks. En dit is waar. Ek maak dit my doel om altyd die persoon wat verby loop of draf, of dalk die betaalpunt in die winkel eerste te groet, en dit is nie net 'n groete nie, die vriendelikheid moet hoorbaar wees in jou stem. Veral nou dat ons maskers dra. Dit het my geleer om harder en met meer vriendelikheid te groet.


Vriendelikheid en liefde loop hand aan hand en moet eintlik as een beskou word. As jy liefde het sal vriendelikheid die natuurlike nagevolg wees van die liefdesdaad. Gaan lees gerus die riglyne vir die Christelike lewe in Rom 12:9-21. Onthou dat vriendelikheid of te wel liefde, 'n vrug van die Gees is. Jy sal dit ervaar as die Heilige Gees oor jou uitgestort word en binne jou lewe. Die vrug kan slegs ontwikkel as die boom, in goeie grond geplant is, gevoed word met die regte voedingstowwe en genoeg water kry. Slegs dan sal die vrug ontwikkel en die pragtige rooi gesonde appel (vriendelikheid) sal aan die boom van die lewe hang. Daardie mooi vrug staan altyd uit as dit aan die boom hang. Almal wil daardie vrug hê en wil van dit eet.



Daardie vrug moet eengesind saam met al die ander vrugte hang en die boom sal dan genoeg voedingstowwe en krag stuur sodat die vrug tot sy reg sal kom. Dit is altyd vir my so lekker as ek begin dink oor iets en as ek die woord oopmaak, wys die Here altyd vir my soveel uit.


Paulus kom gee vir ons soveel riglyne in Effesiërs 4 oor die ou en die nuwe lewe. Dit is belangrik dat ek en jy bedag sal wees op die belangrikheid van die die riglyne.



Efesiërs 5: 14- 16 "Word wakker jy wat slaap, en staan op uit die dood; en Christus sal jou lewe verlig. Wees baie versigtig hoe julle lewe; nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd.


Het jy al agter gekom hoe iemand se gemoed verander wanneer jy vriendelik groet en vra; Hoe gaan dit met jou. Daardie persoon se hele gemoed teenoor jou, hy/sy se werksomstandighede, en ook teenoor ander sal verander. Dit maak my altyd so opgewonde om die verandering te sien en te weet ek het 'n verskil gemaak in daardie persoon se dag.


Dit is ook so dat dit aansteeklik is want ek is oortuig dat daardie persoon dieselfde gaan doen.


Kom ons gaan die week uit en toets of dit werlik so is. Wanneer jy iemand groet laat die manier hoe jy groet, jou lyftaal, die vriendelikheid wat jy uitstraal in lyn wees met mekaar. Nie net gaan jy die persoon se gemoed verander nie maar jou gemoed gaan ook gelig word omdat jy die verandering is ander raak sien.


4 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page