top of page

Die vrug van die geloof


Nou dat ons deur die lyding week van Jesus gaan besef ek dat ons geloof vrugte moet dra want Jesus, wat honger was, het die vyeboom gesien, en gaan soek na iets om te eet. Ons lees in Markus 11:12-14 hoe Jesus soek na vrugte alhoewel daar baie blare op was, maar kon geen vrugte kry nie.


Is ons nie ook so nie, ons het baie blare maar geen vrugte nie. 'n Vye boom was 'n baie gewilde boom en vrug in Palestina en die mense was baie lief daarvoor. Ons ingesteldheid om vrugte te dra sal ons help om nader aan Jesus te leef en die vrugte sal die beste vrugte ooit wees.


Jesus is ook honger om die vrug in my en jou te vind. Ons moet die voedingswaarde wat God in gegee het, naamlik Jesus, daagliks uit die woord haal en ons vrugte dra wat God se goedkeuring sal kry.


God se woord in die beste bron van voedingswaarde en sy Gees is die dou druppels wat in die oggend op ons sal val. Die Heilige Gees is die water wat op elke blaar van jou lewe sal opgaar en al die stof (sonde) wat op die blaar saampak, afwas en nuwe hoop gee.


Met Jesus in ons harte en die Heilige Gees wat ons skoon was is daar niemand wat ons kan verhoed om goeie vrugte te dra nie. Die vyeboom sal die betse boom wees en almal sal van daardie vrugte soek.


In die verhaal vervloek Jesus die vye boom omdat hy nie vrugte gedra het nie, al was dit ook nie die tyd om te dra nie. Ons wil verseker nie hê dat Jesus ook vir ons sê "Van jou sal niemand tot in der ewigheid ooit weer vye eet nie".


3 dae nadat Jesus die vyeboom vervloek het, het Hy aan die kruis vir my en jou gesterf. Hy het die wêreld kom nuut maak. Ons is Hom dit verskuldig.


Kom ons maak vandag die besluit om weer opreg die woord van God te soek en laat ons die Heilige Gees toelaat om ons skoon te was.



10 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Коментари


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page