top of page

Die ware wingerdstok

Ek glo ons almal ken die gelykenis van die wingerdstok. Ek onthou nog hoe ons dit in die bybelklas geleer is.


Jesus vertel die gelykenis vir die dissipels sodat ons moet besef dat ons die lote is waaraan daar vrugte gedra moet word. Hoor wat Jesus sê in Johannes 15:5 - “Stel julle dit goed voor: Ek is soos die druiwestok; julle is soos die takkies. Sonder die druiwestok beteken die takkies tog niks nie. Net so beteken julle ook niks sonder My nie.



Leef elke oomblik van die dag in afhanklikheid van My. Ek sal dan elke oomblik by julle ook wees. So sal julle vir God ’n vrugbare lewe kan lei.


Wanneer 'n boer, en dit is God, in die land inbeweeg en inspeksie kom doen van die plant, kan Hy een van twee dinge doen. Daar is lote wat gesnoei word en ander wat dood eenvoudig afgesnoei word. Die afgesnoeide lote word verwyder van die wingerdstok maar die gesnoeide lote word gesnoei om baie vrugte te dra. Daardie lote word ook opgebind na die volgende lyndraad om seker te maak dat die beskerming van die boom kan wees. Jesus is die wingedstok en ons word gesnoei om by Jesus aan te pas. Die lote kan nie vrugte dra as die wingerstok nie die krag en voedingstowwe aan die lote verskaf nie en sal die wingerstok ook nie vrugte dra as die boer, (God) nie gereeld seker maak dat die grond waarin die wingerstok staan, gesond is nie.


Om 'n goeie oes te lewer moet al drie, die boer (God), Jesus (wingerdstok) en ons die lote deel vorm van die resultaat van die oes. Jesus gee vir ons 'n goeie lydraad in vers 5 - "leef elke oomblik van die dag in afhanklikheid met My. Dit is nie wanneer ons dit nodig het nie of waanneer daar 'n probleem op ons pad kom nie. Nee, elke oomblik van die dag. Jesus bevestig dan ook dat Hy elke oomblik van die dag by ons sal wees.


Leef ons afhanklik van God elke oomblik van die dag?


Jesus kom gee vir ons ook nou die goeie nuus in vers 7 -


“Maar julle, as julle altyd naby aan My bly soos ’n takkie wat aan ’n druiwestok vasgegroei is en getrou doen wat Ek vra, is daar vir julle regtig goeie nuus.

“Julle kan maar in gebed vra wat julle nodig het om goeie, vrugbare takkies te wees, want julle sal dit kry. (Die boodskap vertaling)


As julle in My bly en My woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry. (Bybel in praktyk)


If you remain in me and my words remain in you, then you will ask for anything you wish and you shall have it. (Good News Edition)


Is ons nie dalk van die lote wat afgesnoei word en nie gesnoei word nie. Ondervind jy dat jy dalk bid en dit voel nie op God antwoord nie. Jy is reg gesnoei maar groei dalk in die verkeerde rigting. Kry jou krag in die wingerdstok (Jesus) deur elke oomblik van die dag geheg te wees aan die wingerdstok.


Ek sluit af met vers 8 - “En wat van my Vader, die boer? Wel, as my invloed net al meer in julle lewe gesien kan word, sal Hy tevrede wees.”


Strewe ons daarna om vir God teverede te stel of net onsself. Dit moet verseker vir my en vir jou die grootste dryfveer wees om vir God teverede te stel. As Jesus se invloed in jou lewe gesien kan word, is God teverede.


Wanneer God te verede is met ons sal ons verseker uitvoer gehalte wyn wees. Wyn wat 'n aangename geur het wat ander sal geniet.


Ons moet daarna streef om God gelukkig maak want as die boer gelukkig is sal ons aanhoudende voedingstowwe deur die wingerstok (Jesus) ontvang.








37 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page