top of page
Writer's pictureGeloof

Ek en jy is 'n lewende brief vir Christus

2 Kor 3 - Lees dit gerus


Wanneer ek 2 Kor 3 lees besef ek dat Paulus, 'n lewende getuie is van Jesus.


Paulus skryf in 2 Kor 3:3, Julle self is die bewys dat die Here my geroep het om die goieie nuus uit te dra. Julle is soos 'n brief wat in my hart neersgekryf is en wat ek elke dag lees.


Kan iemand dit vir my en jou sê? Lees hulle elke dag die hartsbrief wat jy geskryf het. Vra jouself die vraag af, hoe lyk jou lewensbrief? Aan wie idie brief gerig?


Lees gou weer vers 3 - Christus het nie gewone ink gebruik nie, Nee, Hy het die Gees van die lewende God gebruik. Hy het nie op kliptafels geskryf nie maar op die tafel van jou hart.

Hier waar ek sit wil ek bid en dankie sê, dat Jesus die afgelope naweek, ons weer herinner dat Hy, ons nuwe krag kom gee het. Dat die Gees, die Heilige Gees, op ons harte kom skryf het en dat God ons so baie lief het. Die ink wat Hy gebruik is ink wat gloei,dag of nag. Wat nooit afgewas kan word of sal verdwyn.


Jesus het ons splinter nuut gemaak soos dit staan in vers 3 - Almal onthou hoe God die tien gebooie op kliptafels laat skryf het. Nou is dit in ons harte geskryf. Dit maak dit soveel meer spesiaal. Ons kan nie bekostig om nie dankbaar te wees nie. Paulus beklemtoon sy dankbaarheid teenoor Christus omdat Hy hom gehelp het om sy vertroue in God te stel. Ons almal kan 'n les leer by Paulus met die woorde in vers 4 - Daarom probeer ek nooit om alles uit eie krag te doen nie. Kom ons pas dit toe in ons lewens.


Wanneer ek die vers verder lees raak ek skoon hoendervleis. Hierdie ooreenkoms is nie pen en papier geskryf nie, nee luister mooi, nie geskryf nie, oorgeskryf, nie afgeskryf nie oorgeskryf.


Paulus verduidleik hoe wonderlik die wette in daardie tyd moes gewees het maar hoor sy woorde in vers 8 - Dink net hoe die nuwe era van die Heilge Gees is. Paulus besef dat dit 'n besonderse era moes gewees het maar nog meer besef hy, met die woorde, Wat sal ons dan sê oor die nuwe era waarin ons nou leef.


Daar is nie genoeg woorde om dit te beskryf nie. Wat kan daar nog meer gesê word. Dit skitter absulute met God se heelikheid.


My ink gaan dalk opraak met Paulus se toegewydheid tot God. Met Jesus wat vir ons aan die kruis gesterf het en weer opgestaan het, word ons net weer verseker dat ons in 'n era leef van God se goedheid omdat Hy ons vrygespreek het van al ons sondes omdat ons in Hom glo. Paulus sê dit self in vers 10 - Die glans van die era vergelyk nie met die nuwe tyd nie. Dit word beklemtoon in vers 17 - Almal wat nou glo is nou vry.


Nie ek of jy kan enige krediet ontvang nie want Paulus sê, dit is natuurlik die Here self, Hy wat Gees is, wat ons verander om al hoe meer te lyk soos Hy dt wil hê.

25 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page