top of page

Ek laat die redding nader kom

Jesaja 46


Hierdie is vir my so mooi stukkie en dit het ver die Israeliete baie beteken omdat dit die val van Babel beteken.


Die Here kom vanoggend en sê vir ons, hoor mooi wat staan in vers 3 - "Luister na My, nageslag van Jakob, almal uit die nageslag van Israel, julle vir wie Ek gedra het van julle geboorte af, wat Ek vasgehou het vandat julle daar is. Die Here beklemtoon die feit dat Hy nog altyd vir ons daar was maar ook met ons sal wees voorentoe.


Ons word bemoedig met vers 4 - Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra, Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en julle red.


Kom ons hou hierdie woorde vandag teen ons bors vas en laat ons gedurig die Here bedank vir sy ongrypende liefde wat Hy vir ons het. HY was nog altyd by ons en sal vir altyd by ons wees.




42 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page