Môre almal. Ek moet vanoggend kom getuig van hoe die Here my hart aangeraak het. Ek is op n baie wonderlike plek as dit by stiltetyd en kontak met God kom. Wanneer ek my oë toemaak en bid, is dit of daar iets in my gebeur. Dit is asof daar 'n trilling in my hart is, 'n warrelwind van opgewondenheid deur my beweeg. Die gevoel van vrede kan ek nie vir julle beskryf nie. Jy kry die gevoel van, jy sweef soos 'n arend. Die bekommernisse en vrae wat jy het, is weg, jy fokus net op God.
Tenspyte van al swaar en onsekere tye waarin ons nou leef, het ek nog nooit soveel vrede in my hart gehad nie. Ons almal gaan deur so baie in so kort tyd en tog, weet julle wat, God se vrede maak dat al my sorge, vrae en emosies by die deur uitloop.
Die hunkering na, om stil te raak, tyd saam met God te spandeer en kwaliteit tyd saam met God te hê, is die begin van 'n Goddelike dag. Dit is iets wat ek elkeen van julle wat dalk ook deur die swaar onseker tye, finansiële moeilike tye, by die huis sit en nie werk het nie, dalk huweliks probleme, of kinders wat ongehoorsaam is en nie tyd het om saam met God te spandeer nie, toe te wens.
Die gevoel van die wêreld kan maar vergaan, ek is nie bekommerd nie, is die beste gevoel wat enige mens sal wens om te beleef. Jy kan nie wag om in die oggend op te staan en stil te raak nie. Ek het die boek van Loius Malherbe gelees en een van sy sê goed wat in my gedagte die heeltyd is, is op die rooidag wakker te maak. Vroeg op te staan, jouself wakker te kry, vir jou 'n koppie koffie te maak en sommer terwyl die ketel koop, op jou knieë in die kombuis die Here te loof dat jy nog 'n dag gespaar is. Weet jy wat, selfs die koffie proe hemels. Self as die kinder dan op jou afkom waar jy op jou knieë is sal jou nie eers pla nie. Weet jy wat, hulle sal besef dat jy op jou knieë is omdat jy tyd saam met God wil spandeer. Is ons nie maar geneig om die Here agter 'n toe deur te aanbid nie, wat nie verkeerd is nie, maar daai onverwagse gebed of liedjie wat jy in jou kop sing as jy die gras sny beteken vir my meer as enige iets anders.
Wanneer jy gaan sit om stil te raak en diep asem haal vir so drie keer en meer, om jou te fokus, kom daai hemelse gevoel oor jou en dan weet jy, God is by jou. Die beste van alles is dan maak die wêreld se ding glad nie meer saak nie. Daai bekommernis is weg want waar God is, daar is nie sleg of seer nie. Al is dit net vir 20 min. Daai 20 min gaan maak dat jy die beste dag ook sal beleef. Ek doen die moeite om dit elke dag moeite te maak, want Jesus het moeite vir ons gedoen.
Om 20 min vroeër op te staan maak dat die dag 500% lekkerder is en daai 20 min raak later dalk 2 ure. Die beste van alles is, dit wat jy gedoen moet kry, die projek, die vergaderings, die huis wat so vuil is, is voor jy jou oë uitvee verby, voltooi en was 'n groot sukses, met baie spaar tyd. Tyd wat jy aan jouself kan spandeer. Dalk 'n boek te lees of om by 'n vriendin te gaan kuier, waarvoor jy regtig nooit tyd het nie.
As jy jouself weer kry, en begin bekommerd raak oor alles in die lewe, sal jy vind dat WOW, dit is nie so groot issues soos ek dit gemaak het nie. Die duiwel het in die stof gebyt.
Ek is ook daar waar julle is, sit sonder werk by die huis, finansies bestaan nie, het ook maar my bekommernisse en vrae. Een ding weet ek dat God my nooit alleen sal los nie. Die opgewondenheid oor tref alle seer en bekommernisse. Dit is my roeping om, die gevoel van God se vryheid in my, met die wêreld te deel. Dis die grootste geskenk wat jy ooit in jou lewe sal kry. Die hunkering maak jou soveel meer opgewonde en jy soek net meer en meer.
My gebed is dat elkeen daai gevoel sal beleef, koester en met ander sal deel.
Met 'n hart vol Goddelike vreugde en geluk groete ek julle.
Dankie ABBA VADER
Comments