Gisteraand kom die Here en sëen my met die woorde van Maleagi 3:16-17. Ek het in die bed gesit en vir die Here in my gedagtes gevra wat wil Hy vir my sê. En die verse kom in my kop op.
Toe het die mense wat die Here baie liefhet, met mekaar oor die Here begin praat. Die Here het baie mooi na hulle geluister. Dit het sy hart geraak. Hy het seker gemaak dat hulle name in sy persoonlike dagboek opgeteken word sodat Hy nooit van hulle vergeet nie.
Daarom sê die Here, die Grootkoning: Hulle is my kinders vir wie Ek omgee. Op die dag wanneer Ek rekenskap kom vra, sal hulle vir My soos ’n baie kosbare besitting wees. Ek sal hulle teen my bors vasdruk soos ’n pa met ’n kind maak vir wie hy baie lief is.
Maleagi skryf die brief vir die gemeente in Juda na die ballingskap en roep hulle op om hule te bekeer.
Ek het beleef asof God dit vir my skryf. Ek weet dat ek baie lief is vir God en daagliks op hierdie plafvorm en baie ander oor hom praat. Ek is verseker dat die Here luister as ek oor Hom praat. Met al die seining wat ek ontvang is dit vir my die teken dat Hy mooi luister. Wat vir my baie spesiaal is, is die woorde dat my naam nou in sy persoonlike dagboek opgeten is en dat hy my nie sal vergeet nie.
Ek besef nou dat dit belangriker vir my is om 'n kosbare besitting vir God te wees as om aan die wêreld gelyk te wees. Ek kon gisteraand voel hou God my teen sy bors vasdruk. Dit was die wonderlikste gevoel wat ek ervaar het.
Die Here wil hê ons moet oor Hom praat en lief wees vir Hom, dan sal Hy mooi luister en dit sal Hom gelukkig maak. Ek is oortuig dat ek en jy graag ons name in sy persoonlike dagboek ingeskryf wil word.
Beleef hoe God jou teen sy bors vasdruk en vir jou sê, Ek is lief vir jou.
Comments