Peet en Adele kom getuig van God se goedheid in hulle lewe.
Peet is al vir 'n week of wat in die hospitaal as gevolg van die COVID 19 pandemie. Dit het glad nie goed gaan met hom nie. Sukkel met sy longe ensvoorts. Iemand stuur op ons "Geloof" whatsapp groep dat ons vir Peet moet bid aangesien dinge nie goed lyk nie.
Goeiemôre almal, eerstens wil ek net sê AL die eer kom God toe. Prys Sy Naam! Dan wil ek net dankie sê vir elkeen wat vir my man, Peet, gebid het. Gisteraand het my skoonsus, Hannelie vir my Ps 118 gegee om te lees en vanoggend toe kry ek Ps 118 by my dagstuk. Hulle het Peet gistermiddag in ICU op 2 suustoftanks gesit. Vanoggend na 3 laat weet hy dat hy omtrent niks geslaap het nie. Hy kon nie praat nie agv sy longe en ons kon net boodskappe gestuur het.
Julle die infeksie se telling is laer en hy is geskuuf na 'n gewone saal. Ek het vir hom Ps 118:17-19 gestuur wat sê dat Peet sal lewe en groot getuienis vir God sal wees. Sy kinders wat so in die wêreld is, het in die week ook vir hom begin bid. Sy jongste dogter is vanoggend kerk toe. Ek weet die Here het hulle aangeraak. Hy kon vir die eerste keer nou met my praat waar ek hom kon verstaan sedert laas sondag.
Peet het gevra dat ek vir elkeen dankie sê wat vir hom ingetree het. Julle is elkeen kosbaar vir God se koninkryk. Maar weereens alle eer aan God 🙌🏻
WOW, Dankie Adele. Kom ons loof en prys die Here want Hy is goed. Ek glo nie in toevallig nie. Ek weet dat die Here Peet se gebed en almal wat gebid het, gehoor het. Die Here het ook nie net vir Peet nuwe lewe gegee nie maar ook sy kinder nader aan God gebring. Dit is hoe goed God vir ons is. Aan sy wonderbaarlike krag is daar geen einde nie.
Dankie Here dat ons weet dat U alom teenwoordig is, dat U met woorde bereik kan word en dat U na ons, sondaar, luister. Dankie dat U ons dra as it moeilik gaan, as ons nie meer weet watter kant toe nie. Vir die enkel ry voetspore in die sand as dit swaar gaan. Dankie dat U ons geestelik vul en krag gee om vas te hou aan U. Dankie dat U die onmoontlike in ons lewens reg kry en voorsien vir meer as wat ons vra.
Ons loof en ons prys U.
Wil jy getuig van God se goedheid in jou lewe.? (Kliek op die skakel)
Ons is geroep om dissipels te maak van die nasies en kan dit slegs reg kry deur vir ander te vertel van God se goedheid in jou lewe. Jou getuienis, soos Peet en Adele, kan iemand ander se lewe red. Is dit nie hoekom ons bestaan en ons moet God loof en prys en getuig van sy wonderbaarlike krag wat in ons werk. Stuur vir ons jou getuienis en red iemand ander se lewe. Ek is 'n baie praktiese mens en sê gewoontlik dinge soos dit is. " Emagine", jammer vir die engels, maar dis so beskrywend, dat as daar daagliks 20 mense is wat getuig oor wat die Here in hulle lewens gedoen het, hoeveel positiewe energie daar onder ander mense sal wees.
If you look at the word "positive", what are the synonyms?
If you testify all the words above can have a huge impact on somebody's life.
Comments