top of page
Writer's pictureGeloof

Faith ?

Die boek Hebreërs is geskryf om al die gelowiges aan te moedig om sterk te bly staan in die geloof, om nie moed te verloor nie.



Die volgende woorde kom in my kop op as ek die woord "FAITH" voor my sien. Fully Assured In The Holy Spirit.


Die skrywer sê in Heb 6:11 - Dit is ons vurige wens dat elkeen van julle end-uit dieselfde ywer as vroeër aan die dag lê, totdat die dinge waarop julle hoop, vervul is. Lees dit gou weer!!. Dieselfde ywer totdat die dinge waarop jy hoop vervul is.



Die Heilige Gees wat Jesus gestuur het om ons by te staan is vir my en jou die versekering dat dit waarop ek en jy hoop, sal gebeur. Nee ek moet dit regstel, ons ten volle verseker dat dit sal gebeur.


Hy sê ook in vers 12 - Julle moet dus nie traag word nie, maar die voorbeeld navolg van die wat deur geloof en geduld deel gekry het aan die dinge wat God beloof het. Ons moet dus deur ons geloof en geduld 'n voorbeeld wees vir ander wat as aansporing kan dien vir hulle om te bly volhard en te bly glo.


Abraham is vir ons 'n baie goeie voorbeeld van geduld en geloof. Hoor God se woorde aan Abraham, "Ek sal jou beslis ryklik seën en jou 'n groot nageslag gee". En so het Abraham dan, nadat hy geduldig gewag het, gekry wat aan hom beloof is.


Kom ons maak 'n punt daarvan om ons vertroue in God te stel. Dinge werk dalk nie uit soos jy dit nou beplan nie, is dit nie dalk omdat dit nie die regte tyd is nie. Ons is ten volle verseker, hoekom sal ons dan twyfel.

13 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page