top of page
Writer's pictureGeloof

Gebed


Tydens die afgelope week se Pinkster dienste, het ons die geleentheid gehad om by sekere stasie te gaan sit en stil raak en met God te praat. Tydens al die sienste het daar heeltyd iets in my agterkop rondgemaal en dit is gebed.


Terwyl ek so by die roeping stasie sit, eht ek ervaar dat gebed my roeping is. Dit beteken, om te bid vir myself en almal daar buite. Daarom gaan ek die volgende paar dae bietjie vashak by gebed.


Vandag wil ek begin met;


Tot wie bid ons? Tot God natuurlik


Net soos Paulus tot God gebid het in Romeine 1: 8-10 Maar ek wil eers vir Jesus Christus vra om vir my God te sê dat ek dankie sê, want oral in die wêreld praat die mense daaroor dat julle in Christus glo. 9. Ek dien God met my hele hart en ek bring vir mense die goeie boodskap oor die Seun van God. Ek dink altyd aan julle, God weet dit is waar. 10. Elke maal wanneer ek bid, dan vra ek weer vir God of Hy my sal toelaat om na julle toe te kom.


Ek dink ons almal onderskat die krag van gebed. Ons verval so maklik in 'n gewoonte om later net 'n ruimpie op te sê. In hierdie gedeelte se Paulus dat hy vir Jesus vra om vir God dankie te sê. Die afleiding wat ek hier maak is dat Paulus deur die Heilige Gees gebid het. Paulus kon seker gesê het, God laat my toe om na die gemeente toe te gaan. Nee Paulus erken hiermee dat Jesus die skakel tot God is en dat die Heilige Gees hom hierdeur gely het.


Die skrywer van Psalm 5:2 beklemtoon die belangrikheid om tot God te bid. Hoor tog wat ek sê, Here! Luister hoe ek my hart teenoor U leegmaak. Ek kreun.


'n Mens kan die erns van die gebed in die skrywer se woorde insien. En dit is hoe ons ook moet bid tot God. Dit moet nie net 'n gebed wees omdat ons verplig voel om te bid nie. Ek het 'n getuienis van iemand geluister en ek gaan probeer om dit te deel maar in kort kom dit daarop neer dat die Andrew het swaar geterk in die lewe, alles verloor, selfs sy huis. Hy was vêr van God af. Hy het eendag gaan stap en verby die kerk gestap, in sy kort broek, en iets het net vir hom gesê, gaan kerk toe. Voor hy homself weer kry was hy terug in sy kamer en besig om 'n langbroek aan te trek. Teen sy wil het hy kerk toe gegaan en met sy aankoms was hulle besig met praise en worship. Hy het agter in die kerk bly staan en heeltyd gehuiwer, totdat daar iemand aan sy skouer kom vat, en vir hom vra, kan ek vir jou bid. Net daar en dan het die Heilge Gees sy hart kom aanraak en van hom 'n nuwe mens kom maak. Nuut gebore in die Heilige Gees.


Die Here werk op baie wonderlike maniere, soos Andrew getuig het, en dit is een van die redes hoekom ek al geruime tyd al hoe meer gedryf word om vir jou te bid. Jy hoef nie sleg te voel om jou hart oop te maak nie maar glo dat God besig om met my te werk om vir jou in te tree by God.


Ek nooi jou dus uit om indien jy 'n behoefte het dat ek vir jou moet bid, skakel in op die volgende skakel https://www.geloof.live/geloof-in-aksie in en ek sal dit opdra tot die Vader. Onthou ek ken jou nie, jy hoef dus nie skaam te wees nie.


ALMAGTIGE GOD, EK KOM SIT MYSELF VOOR U NEER EN KOM BID DAT U ELKEEN WAT HIERDIE BOODSKAP LEES DEUR MIDDEL VAN DIE HEILIGE GEES SAL AANRAAK. DAT ELKEEN SAL BESEF DAT HY/SY IS NIE ALLEEN NIE. EK KOM STEL MYSELF BESKIKBAAR OM VIR DIE WAT DIT NODIG HET TE BID.



AMEN



3 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page