top of page

Gebed - Knielend voor God

Ons almal het seker ons eie opinies oor hoe om te bid maar Jesus en van die dissipels lig vir ons uit dat daar verseker voordele is om op ons knieë te bid. Kom ons kyk wat sê die woord oor dit.


Jesus - het op die berg Getsemane gebid - Matt : 26:39 ; Hy het 'n entjie verder gegaan en daar genkiel met die gesig teen die grond en gebid.

  • Jesus - Luk 22:41 - Hy het Hom toe van hulle afgesonder omtrent so ver as wat 'n mens 'n klip kan gooi. Daar het Hy gekniel en gebid.

  • Sebedeus se vrou - Matt 20:20 - " Toe kom Sebedeus se vrou met haar twee seuns by Jesus en kniel voor Hom om Hom 'n guns te vra

  • Paulus - Hand 20:36 - Nadat Paulus dit gesê het, het hy saam met hulle almal gekniel en gebid

  • Paulus - Hand 21:5 - Maar toe die sewe dae verby was, het ons verder gereis, en hulle is almal met hulle vrouens en kinders saam met ons tot buitekant die stad. Ons het op die strand gekniel en gebid.

  • Paulus - Ef 3:14 - Daarom kniel ek in gebed voor die Vader.

  • Salomo - 1 Kon 8:54 - Nadat Salomo klaar hierdie gebed en smeking tot God gerig het, het hy opgestaan van waar hy voor die altaar van die Here gekniel het met sy hande uitgestrek na die hemel.


Uit die gedeeltes is dit duidelik dat Jesus, Paulus en Salomo op hulle knieë was uit respek vir God. Hulle het regtig die aangesig van God gesoek. Dit is gebruiklik dat wanneer jy voor 'n koningklike kom dat jy sal buig en respek betoon. Dit word bevestig dat, uit die skrif gedeeltes, dat ons dit ook voor God moet doen.


  1. Jesus het tot God gebid op die berg en gevra dat die lydings beker van Hom weg geneem moet word.

  2. Paulus spreek die ouderlinge toe in Lukas 20:17-38 waar hy hulle meedeel dat hy nie weer by hulle gaan kom nie omdat hy vervolg word omdat hy die woord van God verkondig. Dit is aangrypend om te lees wat Paulus alles moes deurmaak om die woord te verkondig. Lees dit gerus deur op die skakel te kliek. https://bit.ly/3hkrVaH

  3. Paulus is op reis en bevind hom in Tirus, waar die mense, wat deur die Gees gelei is, hom aangeraai het om nie na Jerusalem toe te gaan nie. Hy het 7 dae by hulle gebly voordat hy verder gereis het. Lukas 21: 1-16 - https://bit.ly/37r4CYj

  4. Paulus bid vir die gemeenskap van die gelowiges in Efese. Efesiërs 3:14 - https://bit.ly/3ho8QET

Nadat ek hierdie gedeeltes gelees het kyk ek met nuwe oë na die manier hoe ek bid. Ons is so wêrelds ingestel en fokus op ons eie gewoontes dat ons vergeet om God die respek te gee wat Hom toekom. Daar is nie 'n koningklike soos God te vinde nie.


Betoon ons genoeg respek aan God?


Baie van ons is dalk te skaam om voor God te kniel, om deur ons vriende, familie en die gemeekskap gesien te word waar ons op ons knieë is. Dit is iets wat elkeen vir homself sal moet uitsorteer. Paulus en Salomo het dit nie gedoen om gesien te word nie, nee uit dood eenvoudige respek vir God.


Ons moet almal in ons binnekamer gaan en die Here vra om leiding oor gebed. Die Heilige Gees sal ook vir jou lei en die selfvertroue gee om te doen wat reg is. Wat belangrik is ons moet toegangklik wees om na die Heilige Gees te luister.


Ek kan goed onthou, ek was op 'n kerk kamp saam met my suster, in Warmbad toe ek standard 8 was. Ons het bybel gelees en gebid by die huis maar besef nou dit was baie oppervlakkig. Tydens die kamp het dit vir my gevoel asof ek nie verstaan hoekom ek daar moet wees nie. Ek het nie verstaan wat die mense lees as daar bybel gelees word nie of as daar iemand is wat opstaan en getuig nie. Dit was net 'n klomp woorde wat gesê word. Ek het die een oggend vroeg opgestaan en net eenkant, op 'n groot klip, gaan sit en spontaan begin bid. Toe ek myself kry was ek op my knieë en het 'n intieme gesprek met die Here gehad. Ek kon voel hoe die Heilige Gees in my werk en vir my oopgaan. Wat 'n wonderlike gevoel is dit nie. Ek is oortuig daarvan dat die feit dat ek op my knieë was my lewe verander het. Onthou, ek was tussen vreemde mense, het net my familie geken. Ek moet erken, ek was geensins bang wie of wat my sien nie. Dit het so spontaan gebeur deur die leiding van die Heilige Gees.


Dit is hoe ek dink ons almal moet wees. Moenie dat die feit dat jy raakgesien gaan word, of gedruk voel nie dit doen nie. Vra die Heilge Gees om jou te lei en jou op jou knieë te bring. Wanneer dit gebeur word daar ware respek aan God betoon en sal die Heilige Gees deur jou, in jou werk. Ek kan so goed onthou nadat ek op my knieë was op die klip, dat die woord van die Here vir my oop gegaan het. Ek kon soveel meer uit Sy woord put. Dit het gevoel asof die Here net met my praat. Dis 'n gevoel wat niemand kan beskryf nie en is baie ongelooflik. Ek wens dit vir almal toe.


As ek vir elkeen van julle, 'n geskenk pakkie moet opmaak, sal dit dit wees wat ek in die boksie sal sit. Dit met 'n mooi lint vasmaak en met spoedpos aanstuur. Ek sal die koste dra om deur-tot-deur aflewerings te doen. Die volgende gebed sal in die pakkie wees:


Ek bid dat die Here deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan jou die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in jou harte sal woon en dat jy in sy liefde gewortel en gegrondves sal wees.


Mag jy instaat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek.


Mag jy sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag jy heeltemal vervul word met die volheid van God


Aan Hom wat deur sy krag wat in jou werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat jy bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die Kerk, deur die verbondenheid met Christus Jesus, deur al jou geslagte heen tot in alle ewigeheid


AMEN


90 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page