Matteus en Lukas bevestig albei dat God wel ons gebede verhoor indien dit in sy plan is.
Hoor hoe stel Matteus dit in Matt 7:7-12
Hou aan met vra en God sal vir julle gee. Hou aan met soek en julle sal kry. Hou aan klop en God sal die deur vir julle oopmaak. Elkeen wat so volhardend vra, ontvang; en wie aanhou soek, kry; en vir elkeen wat aanhou klop, sal God oopmaak. Julle as ouers sal tog nie vir julle kinders as hulle brood vra, klippe gee nie. Of as hulle vis vra, vir hulle slange gee nie. As sondige mense soos julle dan goed weet om goeie dinge aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader goeie dinge gee aan hulle wat dit van Hom vra!”
Ek is oortuig dat God verseker sal voorsien as jy vra of die deurbraak gee waar van jy droom as dit deel vorm van sy plan. Hoekom se ek so?
Want Lukas bevestig dit ook in Lukas 11:9-13
“En so sê Ek vir julle, hou aan vra, en vir julle sal gegee word wat julle vra. Hou aan soek, en julle sal vind. Hou aan klop, en die deur sal oopgemaak word. Want enigeen wat vra, ontvang. Enigeen wat soek, vind. En die deur word oopgemaak vir enigeen wat klop. “Julle vaders – as julle kinders vir ’n vis vra, gee julle dan vir hulle ’n slang? Of as hulle ’n eier vra, gee julle dan vir hulle ’n skerpioen? Natuurlik nie!
Hoor hoe mooi die amplified weergawe dit stel:
“So I say to you, ask and keep on asking, and it will be given to you; seek and keep on seeking, and you will find; knock and keep on knocking, and the door will be opened to you.
Ons moet aanhou vra en soek die Here sal voorsien. God luister baie aandagtig en ons moet net geduldug wag, dit sal die moeite werd wees.
Vind vreugde in God se belofte wat deur twee dissipels bevestig is.
Dankie Here dat ons nou weet dat U hier by ons is en dat U luister as ons vra en dat U voorsien.
Comments