top of page

Geestelike Volwassenheid

2 Kor 13:9


Ek gee nie om om swaar te kry nie, solank julle net sterk is in julle geloof. Dan loop my hart oor van blydskap. Daarom bid ek dat julle geloof regtig sal begin groei.


Paulus skryf die brief aan die gemeente in Korinte om hulle te bemoedig en te versterk. Hier hoop jy dat hulle geloof in God sterker sal raak en dat hulle Geestelik volwasse mag raak.


Ons gaan deur so baie swaar die afgelope tyd. Eers COVID, nou Eskom en dan nog die hoër brandstof pryse ook. Ek dink dit is tyd dat ons as land saam sal bid dat God ons geloof sal versterk in Hom. Om nie te twyfel in alles wat gebeur nie en dat ons net ons vreugde in Hom sal soek en ook vind. Dit is tog die vreugde wat alles oortref en ook nie vir iemand beskryf kan word nie.


Ons lees in Matt 17:20 - Omdat julle geloof te klein is,” het Hy reguit geantwoord. “Julle maak nie erns met God nie. Weet julle, as julle geloof in Hom maar net so groot soos ’n klein mosterdsaadjie is, sal julle onmoontlike dinge regkry. Dan sal julle enige struikelblok in julle lewe kan oorkom, hoe groot dit ook al is. Julle sal selfs vir hierdie berg kan sê: ‘Skuif uit die pad uit!’ dan sal dit gebeur. Niks is onmoontlik vir mense wat op God vertrou nie.


GEBED





2 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page