top of page

Geloof soos 'n mosterdsaad


Matt 17:20 - Omdat julle geloof te klein is,” sê Hy vir hulle. “Dit verseker Ek julle: As julle maar geloof het so groot soos 'n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.


Hoe groot is 'n mosterdsaad?

'n Mosterdsaad is die kleinste van alle kruie saad wat die messte geur gee en ok die gewildste kruie is.


Daar is baie voorbeelde in die bybel van persone wat as voorbeeld van geloof vir ons is. Ek dink aan Abraham. Om op 'n baie hoë ouderdom kinders te hê is in vandag se terme feitlik onmoontlik en was in daardie dae ook seker so. Hoor wat sê die Here vir Abraham in Gen 18:14 - 'Is anything too hard for the Lord ? My en jou antwoord op hierdie vraag is 'n goeie aanduiding of ons God as God aanvaar en dit is 'n vraag wat ons sal moet beantwoord.


Dit bepaal 'n mens se verhouding met God met betrekking tot:

  • jou reaksie op God se vryspraak

  • jou lewe as volgeling van Jesus

  • jou uitkyk op jou suksesse en mislukkings

  • jou belewenis van vreudge en mislukkings

  • jou visie op die probleme in die samelewing en daaglikse trauma en

  • jou verhouding met ander mense

As jy God as God aanvaar, soos Abraham, dan is daar niks vir Hom onmoontlik nie soos ons in Genesis 18:14 gelees het. Jesus bevestig dit in Markus 10:27 - Jesus kyk toe vir hulle en sê: “Dit lyk miskien vir mense onmoontlik, maar God kan alles doen. Niks is vir Hom onmoontlik nie.


Dit waarmee jy worstel of sukkel is in jou oë dalk 'n enorme probleem omdat ons nie God se werkende krag verstaan nie. 'n Mosterdsaad is baie klein en het ons net maar geloof soos dit, kan ons berge versit, hoeveel te meer kan God dit nie doen nie.


Wat God van ons vereis word in Deuternomium 6:4-5 uiteen gesit. '“Israel, onthou altyd dat die Here en net die Here alleen ons God is. Jy moet die Here jou God met alles binne-in jou, ja, met jou hele wese liefhê. Dit word ook in MArkus 12:30 bevestis dat God wil hê dat ons Hom met hart en siel moet liefhê.


Wat is liefde?

DIE HOOGSTE VORM VAN OMGEE



52 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page