In Markus 10:46-52 lees hoe Jesus Bartimeus se blindheid weg gevat het.
Bartimeus het langs die pad gesit toe Jesus en die dissipels daar langs geloop het. Toe hy hoor dat dit Jesus wat daar verby loop, het hy hard uit geroep, Jesus Seun van Dawid, ontferm U tog oor my.
Bartimeus was verseker oortuig dat Jesus hom kan genees, daarom roep hy dit uit. Die mense rondom hom het met hom geraas en hom gese om stil te bly, maar weer het hy dit uit geroep.
Jesus hoor sy nood en roep hom nader. Selfs die mense wat eers met die man geraas het se houding het verander. Hulle het geweet Jesus kan die blinde man help want hulle se "Hou moed! Staan op! Hy roep jou."
Bartimeus het alles gelos en opgestaan, hy het selfs sy bokleed gelos en opgespring.
Jesus vra hom wat kan ek vir jou doen? En hy antwoord dat ek kan sien. Die feit dat Bartimeus geglo het het gemaak dat hy weer kan sien, want Jesus se jou geloof het jou gered. Dadelik kon hy wees sien.
Is daar blindheid in jou om Jesus in jou lewe te sien, blindheid dat jy nie sy stem hoor nie, blindheid om die Heilige Gees in jou te kan aanvoel.
Jesus kom roep jou vanoggend nader en se, wat wil jy he moet ek vir jou doen?
Soos Bartimeus moet ons geloof so sterk wees dat ons ook langs die pad moet gaan sit en weet dat Jesus ons blindheid sal genees.
Glo jy dit?
As jy dit glo weet dat jy soos Bartimeus dadelik weer kon sien.
Comments