Met die intog na Jerusalem het Jesus verby 'n vyeboom geloop en Jesus het gesien dat die boom blare aan het maar nie vye nie. Markus 11:12-14. Jesus straf die boom deur hom nie weer vye te laat dra nie. Meer detail van die storie kan gelees word in Mattheus 21: 20-21
Na die reiniging van die tempel is Jesus en die disipels oppad Betanië toe en loop weet by die vyeboom verby. Die dissipels sien dat die boom uitgedroog is tot in die wortels. Petrus bring dit onder Jesus se aandag met die woorde "Rabbi kyk die vyeboom wat U vervloek het, is uitgedroog.
Nou kom Jesus en gee vir die disspels en vir ons baie belangrikke inligting in vers [ 22 en 23]
'Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê. Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see — en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur — hy sal verkry net wat hy sê. '
Ek dink net ons moet mooi verstaan wat Jesus nou hier sê, die duiwel soek plek om ons aan te val, onseker te maak, nie te glo nie, maar as jy in jou hart glo, gaan jy nie twyfel nie. Ons moet glo met ons harte, die duiwel het geen vat plek in ons hart nie. Dis eenplek waar hy nie kan uitkom nie. Glo met jou hart, kry daai opgewondenheid, daai vreugde gevoel in jou hart, en weet dit wat jy vra sal gebeur.
Jesus se woorde in [24] 'Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry. '
Die waarheid is ongelukkig dat baie Christene wel ‘trust issues’ het – nie net om mense te vertrou nie, maar veral om God te vertrou. Die probleem lê nie in die verstand nie. Dit lê by die hart.
Vir die van ons wat sukkel om te glo waarsku die skrywer van Hebreërs ons in Heb 11: 6 'En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek.
Pastoor Tommy Lesing sê dit so mooi. Die probleem lê nie in die verstand nie. Dit lê by die hart.
Wanneer die Heilge Gees saam met jou, en deur jou bid, bid jy volgens God se wil. Dit is dan wanneer jy die vreugde en vrede sal ontvang om te kan glo, met jou hart, as jy bid. Jou gedagte moet met oortuiging vir jou hart kan sê, EK WEET DAT JESUS MY GEBEDE VERHOOR. Oefen dit in, moenie die duiwel die geleentheid bied om jou negatief te beinvloed nie, hom vat plek te gee op wat jy hoop nie. Dit wat jy op hoop, moet soos flitskaarte wees, soos wanneer 'n kind geleer word om sekere goed te identifiseer. Wanneer jy dink aan wat jy hoop, gaan terug na jou flitskaart toe en herhaal dit in jou gedagtes, keer op keer. Dit sal help om die positiwiteit, van die realiteit dat God sal gee wat jy gevra het, in jou lewe te ervaar, te beleef en te versterk.
As ons dit nie vir onsself aanleer nie sal ons nie God kan behaag nie, dit staan in Hebreërs 11:6.
Comments