Toe Jesus omdraai en haar sien, het Hy vir haar gesê: “Skep moed, my dogter. Omdat jy so vas geglo het, is jy nou gesond.” En die vrou was van daardie oomblik af heeltemal genees.
MATTEUS 9:22 NLV
Hier is dit vir ons baie duidelik, die vrou het geweet, was oortuig dat sy gesond sal word maar die belangrikste is dat sy Jesus vertrou het.
Wat was Jesus se reaksie? Jesus het haar dadelik genees omdat sy geglo het soos 'n kind.
Sy was vir 12 jaar siek en het die beste mediese raak al gevolg, tot het sy geweet, Jesus is haar antwoord.
Jesus is ook my en jou antwoord slegs as ons glo soos 'n kind.
コメント