Net voor 'n wedstryd sal die kaptein al sy manne bymekaar roep en deur die wedstrydplan werk. Die afrigter het reeds deur die week sy werk gedoen. As ek die kaptein was sou dit dalk so geklink het. Johannes 14:1 - Glo in God maar glo ook in My. Glo in ons afrigter se plan en ook in my wat julle op die veld sal lei.
Jesus sê aan die dissipels dat Hy oppad huis toe is, na sy Vader toe en dat daar is vir baie woonplek want as dit nie so was nie, sou Hy dit nie gesê het nie. In hierdie gesprek met die dissipels begin Jesus voorberei op sy Hemelvaart, dat hy gaan sterf.
Ek weet nie wie van julle het die naweek Ds Andries Enslin se dienste Vrydag en Sondag geluister nie. Dit was vir my so geseënd omdat ek herinner is aan dit wat Jesus regtig vir ons gedoen het. Hy het die pad na God, die Hemel, vir ons oopgemaak om direk met God te kan praat. Nie net Hy die pad gelyk gemaak nie maar ook vir ons die voertuig gegee om te gebruik. Die Heilige Gees. Jesus sê in vers 6 - Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur my nie. As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom. DIe Hemel is nou oop vir ons, ons het gratis kaartjies gekry na die wedstryd prysuitdeling toe. Sitplekke in die voorste ry.
In hierdie moeilike tye waarin ons leef, finansieële omstandighede wat nie klop nie, siekte en vriende en familie wat rondom ons sterf moet ons toelaat dat Jesus en die Heilige Gees ons versterk. Jesus sê in vers 12: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat EK doen, en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Jesus huis toe gaan. Nou vra ek myself die vraag af, GLO ONS REGTIG?
Jesus se reaksie in vers 13 is - Wat julle ookal in my Naam vra, sal ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheelik kan word. As julle My iets in my Naam vra, sal ek dit doen. Vra ons reg?
God stuur die Heilige Gees om ons by te staan en te ondersteun. Jesus sê reguit in vers 15 - As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer. Jesus sal dan die Vader vra, eh Hy sal vir julle 'n ander voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Heilige Gees.
Dit sluit nou aan by vers 26 - en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
Ons dien die Vader, Seun en Heilige Gees. Deur die Heilige Gees het ons toegang tot Jesus wat weer die Vader sal vra om na ons te luister. Ons lyding, ons seer en nood raak te sien. Ek is vas oortuig dat God nie verby ons nood sal kyk nie. Hoor hoe mooi stel Paulus dit in Effesiërs 3: 20 - We have to thank God now. His power works in us, and he does really great things. He can do a lot more than we asked him for. He can even do more than we think about.
Hoekom sal ons Jesus nie liefhê nie, Hom nie vertrou nie. Hy is tog die weg na God.
Wanneer 'n impak speler op die veld kom moet hy tog dieselfde reels volg as die ander spelers. Hy gaan nie nuwe reels kry of anders behandel word nie. Die spel is om op die veld om die verskil te maak, die wedstryd te wen. Kom ons wees die impak speler wat die kaptein vetrou en deur die afrigter gekies is. Die vertoue wat die afrigter het en die leiding van die kaptein sal maak dat daar gewen word. Die grootse oorwinning nog.
Jesus het vir ons die oorwinning kom gee deur aan die kruis te sterf, vir ons die pad voorberei na die Hemel waar Hy nou sit en ons seën met die Heilige Gees.
Na die wedstryd kom almal bymekaar in die kleedkamer, die Hemel, en gesels oor die wedstryd. Oor hoe wonderlik dit is om te wen en so vêr te wen. Kom deel in die genot van Jesus se oorwinning oor die dood en laat ons die span bring tot nuwe hoogtes.
Comments