top of page
Writer's pictureGeloof

God is lig - 1 Johannes


Johannes rig die skrywe aan 'n paar nie-Joodse gemeentes om hulle te waarsku teen vals leerstellings en om hulle geloof te versterk. Hy begin die brief, van die begin af was Hy daar.


In die brief sien ons wie Jesus werklik was. Die seun van God het as mens deel geword van die geskiedenis van die wêreld en is in my oë die grootse gesiedenis. Hy is gebore uit 'n maagd, het op 'n jong onderdom die mense geleer in die tempel, het baie wonders gedoen. So kan ons aangaan.Daar is nie genoeg tyd om alles in een leesstuk saam te vat nie. Johannes het saam met Jesus gelewe en het self met Hom gepraat, die wonders gesien wat Jesus gedoen het. Hy het gesien hoe Jesus sterf en weer uit die dood opstaan. Dit wat ons in 1 Johannes lees kan verseker as juis en korrek aanvaar word. As jy die hele 1 Johannes lees sal jy vind dat Johannes ons eintlike baie goeie raad gee en verduidelik vir ons die eenvoudige en verstaanbare maniere wat dit beteken om gemeenskap met God en met ander te hê.


Johannes gee vir ons eerstehandse inligting oor Jesus. Hy begin in 1 Johannes 1:5 met die woorde. Dit is dan die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle meedeel: God is lig en daar is hoegenaamd geen duisternis in Hom nie.


Die maklikste manier om dit te verduidelik is deur 'n voorbeeld te gee. Jy staan binne 'n lang tonnel en jy sien net die een kant van die uitgang van die tonnel. Dis donker en jy is vreesagtig en alleen. Maar daar in die vêrte sien jy 'n klein wit kolletjie, die uitgang van die tonnel. Hoe nader jy aan die lig kom, hoe meer sien jy daarvan en dan wanneer jy by die bek van die tonnel uitloop, oorweldig die skep lig jou. Jou oë neem 'n rukkie om gewoont te raak aan die skerp lig. As jy dan terug draai en in die tonnel in kyk sien jy niks van die donker raak nie.


Jesus is die lig en by Hom is daar geen duisternis nie. Ons lees in Johannes 1:9-10 hoe Johannes dit duidelik maak dat die ware lig wat elke mens verlig, was aan die kom na die wêreld toe. Hy was in die wêreld - die wêreld het deur Hom tot stand gekom en tog het die wêreld Hom nie geken nie.


Dit is om in die ingang van die tonnel te staan. Jy kan of met jou rug na die donkerkant staan of na die ligkant. Wanneer jy met jou rug na die lig kant staan gaan jy net weer die donkerte binne. Jy is beperk en die tonnel kan jou net na een plek toe neem en dit is die hel. As jy met jou rug na die donkekant staan, is alles sigbaar en kan jy besluit waarheen jy gaan. Jy moet dus eers die besluit neem hoe om te staan, donker of ligte kant. As jy vir jouself sê ek is in die lig en jy is nog nie uit die tonnel nie, mislei jy jouself. Jy is nog in die tonnel. Kom eers uit die tonnel uit en sien dan hoe wonderlik dit is om in die lig te wees.


Ons almal weet dat Jesus ons kom red het van ons sonde. Hy het immers kom sterf om ons te red. Jou sonde sal slegs vergewe word as jy in die lig lewe, die vreugde ervaar waaneer jy in Jesus se lig lewe. 1 Joh 1:9 As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is. As ons beweer dat ons tot nou toe nie gesondig het nie, maak ons Hom tot ’n leuenaar. Dit beteken ook dat sy woord nie in ons lewe plek gekry het nie.


Waar staan jy, is jy in die tonnel of is jy buite die tonnel?

Die enigste manier om uit die tonnel te kom is om Jesus met alles wat jy het te volg. Daar is nie 'n halfpad nie, dis of volg of glad nie volg nie. Die besluit lê by jou, niemand kan die besluit vir jou neem nie.


Joh 1: 12-16 Aan almal wat Hom egter aanvaar het, dié wat in sy Naam glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is nie deur ’n natuurlike proses gebore nie, en ook nie na aanleiding van die wilsbesluit van ’n man nie. Hulle is uit God gebore. En die Woord het mens geword en by ons kom woon. Ons het sy heerlikheid duidelik gesien, ’n heerlikheid soos dié van die enigste Seun van die Vader, vol liefdevolle goedheid en waarheid. Johannes getuig oor Hom en roep uit: “Hy is die Een wat ek bedoel het toe ek gesê het: ‘Hy wat ná my kom, het reeds voor my bestaan omdat Hy groter is as ek.’” Uit sy volheid het ons almal ’n oorvloed genade ontvang.


Neem nou die besluit en volg Jesus tenvolle of bly in die tonnel.



5 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page