top of page
Writer's pictureGeloof

God is ons genadig en gee sy engel opdrag om weer die boodskap aan ons te verkondig


 

Ek lees vanoggend verder in Openbaring en kom tot insig hoe God ons nog geleenthede gee om gered te word.


In Openbaring 7 lees ons van die vier engele wat uit die vier wind rigtings kom om die wêreld te oordeel. Een van die engele het met ‘n harde stem geroep (7:3) “moenie die land en die see en die bome tref nie. Ons moet eers die dienaars van ons God op hulle voorkoppe merk met die sëel.


Hier kry ek en jy ook nou weer die geleentheid om die pad na die ewige lewe te vind. Lees gerus die hele Openbaring 6 om te verstaan waaroor die sëels gaan. Die sëels word gebruik om aan te dui dat Jesus ons kom sëen het en as God se eiendom kom bevestig het.


Voordat die sewende sëel oopgemaak is kom baie mense tot bekering. Die engele, ouderlinge het rondom God se troon gaan gaan staan en eer en lof aan God toegesing. Een van die ouderlinge vra die vraag, wie is hierdie mense met die wit klere aan? Hoor die antwoord, dit is mense wat uit die verdrukking kom, hulle het hulle klere wit gewas in die bloed van die Lam. Hulle het dit self gewas, die daad selfgedoen. Hulle het dit nie na 'n wassery gestuur nie. Hulle het hulle hart oopgemaak vir Jesus, geleef soos Jesus wil hê hulle moet lewe. Hoekom wit? Die bloed van Jesus is egter die sombolies reiniger want dit verwyder die vlek van sonde. Wit is 'n simbool van sondelose volmaaktheid of heiligheid. Lees ook Openbaring 7 en jy sal dan verstaan regtig hoe groot en goed God regtig is. Hierdie gelowiges waarvan gepraat word het deur die verdrukking, tyd van lyding en toetsing getrou gebly aan God.


In Openbaring 10 kom nog 'n engel, 'n sterke engel, met 'n oopboekie in sy hand. Hierdie engel het gekom om die wêreld te oordeel want hy sê in Openbaring 10:6 ''Hy wys hemel toe en neem ’n eed. Hy roep toe vir God wat vir ewig en altyd leef en alles gemaak het - of dit die hemel met alles daarin, die aarde met alles daarop of die see met alles daarin is - as getuie in vir wat hy wil sê: “Daar is nie meer tyd oor nie. "


God gee vir een van die engele opdrag om die oopboekie wat die engel is sy hand te vat en op te eet. Simbolies beteken dit dat dit wat in ons lewens gebeur het, ons sonde is dus afgeskryf, nie net aan die kruis nie maar ook nou, voor die oordeelsdag. Onthou wat die engel gesê het in Openbaring 6, daar is nie meer tyd nie.


Die engel het die opdrag gekry in (10:11), jy moet weer God se boodskap aangaande baie volke, nasies, tale en konings verkondig. God wil hê dat ek en jy moet besef dat ons self ook eers ons huis in orde moet kry, die boek op eet en verwerk, voordat ons die evangelie kan verkondig. Om dit te kan doen moet ons baie naby aan God leef. Ons moet ingedagte hou dat ons tyd min is soos daar in (10:6) geskrywe staan.


Ons kry vandag weer die opdrag om God se boodskap te verkondig. Ek los 'n gedagtes by jou.

Is jy reg vir die oordeelsdag?

Wat is daar in jou lewe wat jy sal moet verander?

Hoe gaan jy dit verander?


Ek sluit af met Openbaring 7:15-17" 'Hulle sal nooit weer honger of dors word nie en die hitte en koue sal nie vir hulle ondraaglik word nie. Daarvoor sal God sorg. 'Ja, die Lam, wat oor almal heers, sal persoonlik vir hulle sorg. Hy sal vir hulle alles gee wat nodig is om vir ewig te leef. En God sal sorg dat hulle nie meer hartseer sal wees of pyn sal ken nie.”


Almagtige God, dankie vir die geleentheid wat U ons gee om ons lewens reg te maak. Dat U 'n genadige God is en dat ons weet dat U ons nooit in die steek sal laat nie. Help ons om opreg die vrae wat in die gedeelte gevra word sal beantwoord maar ook pogings sal aanwend om ons lewens te verander. Dankie dat U vir ons sê dat ons nooit weer honger of dors sal word nie, dat die son ons nie sal brand nie en dat ons nou weet dat Jesus persoonlik vir ons sal sorg.



55 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page