Filippense 2: 12- 18
As jy die verskillende weergawes van die bybel met mekaar vergelyk is hierdie die een wat vir my meer sê as die 83 weergawe - Ligdraers in die wêreld.
Jesus kom in vers 12 en sê vir die disippels dat dit wat Hy gaan sê, is belangrik. Ons moet dus mooi oplet wat Jesus hier sê. Terwyl Hy nog saam met die disippels was, het die disipples altyd gedoen wat Hy gevra het maar nou te meer dat Hy nie meer daar is nie, moet ons baie mooi oplet wat Hy vir ons deur die Heilige Gees sê.
Jesus rig 'n waarskuwing uit in vers 12 met die woorde, "onthou God hou julle dop".
Eending wat ons baie gou uit die oog verloor is dat God altyd besig is om in ons te werk. Dit is Hy wat ons bekwaam en gewillig maak om sy wil uit te voer. Alles wat ons doen moet gedoen word asof dit vir God is. Deur sy Gees maak God jou gewillig om jou lewe in te rig soos wat Hy dit wil hê, en die dieselfde Gees stel Hy jou ook in staat om dit reg te kry.
Filippense 12:14 - Doen alles sonder om te kla of te stry. Dit is iets waaraan baie van ons sal moet werk en spesifiek moet fokus op. Wanneer jy dalk iets doen en volgens jou werk dit nie reg uit nie, dink weer daaroor. Dit is dalk hoe jy dit sien en soos God dit wil hê nie.
As jy jy vers 15 lees sien jy baie wat in ons lewe daagliks gebeur en ten spyte van dit moet ek en jy die woord van God uitdra en dit doen sonder om te kla. Maak nie saak wat die opdrag van God is nie, doen dit met 'n lied in jou hart en weet dat God wil hê dat jy 'n verskil moet maak en dit sal vir Hom 'n eer wees as ek en jy dit doen. Wanneer Christus weer kom was dit as bewys dien dat Hy nie verniet vir ons gesterf het nie.
Jesus sluit die gesprek af deur te noem dat sy dood vir my en jou sal help om God nog beter te dien. Kom ons maak gebruik van die geleenthede wat op ons pad kom en dien God met volle oorgawe. Vriende dit is nie moeilik om die Here te dien nie, luister, hoor en doen.
Onse Vader wat in die Hemel is, ons kom staan vanoggend voor U en sê dankie dat U altyd besig is om in ons te werk, dat U ons nie sal los nie. Dankie dat U Jesus aan die dood afgestaan het om ons lewens makliker te maak. Dat Jesus opgestaan het uit die dood en nou by U is om ons plek vir ons voorteberei. Ons loof en prys U vir die geleenthede wat U oor ons pad bring en dat ons nou bewus is dat U oor ons waak en krag sal gee, hier waar baie van ons deur moeilke tye gaan.
My gebed is dat U elkeen wat hier lees nou sal sëen met die Heilige Gees om hulle te help om U stem te hoor. Raak elkeen aan met die Gees en vervul hulle met U ontsaglike liefde. Here hoor elkeen se stem en roep om hulp en gee wat U goeddink.
My gebed is dat U sal gee dat elkeen sal bewus wees dat U in beheer is en dat ons sal doen wat U vra sonder om te kla.
AMEN
Comments