top of page
Writer's pictureGeloof

God se reaksie op gebed - Hy antwoord



As jy Jesaja 30 lees sal jy vind dat die volk baie opstandig is. Hulle wend hulle tot geweld en bedrog en het geen reaksie tot die waarskuwings wat God vir hulle gegee het nie. In vers 15 lees ons hoe Jesaja sê; So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertoue hê. Maar dit wil julle nie.


As ek so na die dinge wat in ons land en selfs in die wêreld gebeur, dink aan wat in Gasa aan die gang is, is ek dit eens dat geweld en bedrog aan die orde van die dag is. Kom ons doen selfondersoek. Terwyl jy nou hier lees, raak stil vir 60 sekondes, en dink bietjie na oor jou lewe. Vra daarna jouself die vraag af, lewe ek volgens God se wil?


Jesaja gee vir ons hoop in vers 18 met die woorde; Tog is die Here gretig om julle genadig te wees en wil Hy hom oor julle, dit is nou ons, ontferm. Daar is baie hoop vir ons in die woorde. Hy sê die Here is 'n God wat reg laat geskied, en dit dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou.


Kom ons wees eerlik met mekaar, ons almal hunker daar na om na aan God te leef maar die lewe sluk jou so maklik in. Ek self het dit die week beleef. Ek het die gesegde van Smith Willingworth probeer toepas in my dag. Dit is waar ek my wekker stel om elke halfuur af te gaan sodat ek kan bid tot God. As ek myself weer kry dan is ek op my selfoon besig met 'n oproep, en dan gaan dit verby. Dit is 'n manier vir my nader aan God te leef.


Jesaja gee raad met vers 19, Jy die volk van Sion, jy wat in Jerusalem woon, jy hoef nie meer te huil nie. Die Here sal jou genadig wees as jy na Hom roep om hulp, Hy sal jou gebed verhoor, sodra Hy dit hoor.


Hierin leer ons iets baie belangrik. Soek God in alles en gedurig. Pas die , ek bid nie vir 30 min lank nie, maar ek laar 30 min verby gaan om te bid nie. Pas dit toe in jou lewe. Nie net sal jou gebed meer gefokus wees nie, jy sal vind dat God ook meer gereeld met jou praat.


Elkeen van ons het 'n ander dag of skedule. Jy hoef nie iewers heen te ry nie. Sit daar in jou kantoor, maak jou deur toe en praat met God vir 5 min, of solank die Heilige Gees met jou praat, en ervaar God se Heiligheid in daardie paar minute. Selfs as jy dalk bestuur, dink aan God en praat met hom in jou gedagtes, hy sal jou gebed verhoor sodra Hy dit hoor.


GEBED

Onse Vader wat in die Hemel is, laat U Naam geheilig wees. Here ons kom nou voor U en kom lê ons lewens nou voor U neer. Hoor elkeen se gebed hoor. Die trane sit vlak in ons oë. Verhoor elkeen se gebed want U het deur Jesaja vandag vir ons kom sê, ek sal jou gebed verhoor sodra ek hom gehoor het. Ek bid dit in Jesus se Naam. AMEN







4 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page