top of page
Writer's pictureGeloof

God se reaksie op gebed

Hy is naby


Die Livietiese priester vra in Deuternomium 4:7 die volgende: Watter groot nasie se god is so by hom soos die Here ons God by ons is elke keer as ons na Hom bid?


Besef ek en jy dat hoe bevoorreg ons is. Om te weet dat God is altyd by jou as jy Hom aanroep. Baie van ons is so geneig om te kla, ander te beskuldig of op te tree asof God nie by ons is nie.


Dit bring my terug by die punt, spandeer ons genoeg tyd in God se teenwoordigheid? Weet God regtig wat ons behoeftes is? Ek kan nou al hoor wat die antwoord op die vraag is. Ons het nie nodig om vir God te vra nie. Ons moet besef dat God elke dag wil hoor van ons behoeftes, dit is die enigste manier hoe ons met God, deur middel van Jesus Christus en die Heilige Gees, kan praat.


Daar waar jy nou sit en die blog lees, dink na hoeveel tyd spandeer jy by God. Ek weet ek is skuldig. Ons gaan nou die feestyd binne waarin ons die geboorte van Jesus gedenk en dit is dalk 'n goeie geleentheid om perspektief te kry op hoe ons leef en hoeveel tyd ons vir God maak.


Vir die van ons wat op vakansie gaan is daar baie geleentheid om om God te soek in die rustige omgewing van vakansie. Die wat wel nou nie so bevoorreg is nie, probeer vir jou 'n roetine skep om tyd te maak.


Onthou God se reaskie op gebed is, is dat Hy naby is elke keer as ons tot Hom bid. Smith Willigworth het my geleer om nie vir 30 minute te bid nie maar okm eerder te fokus om nie 30 minute te laat verby gaan sonder om te bid nie.


Maak tyd om saam met God te spandeer en sy reaksie op jou gebed gaan al jou denke oortref. Ons die 'n lewende God, 'n God wat omgee en n God wat lief is vir elkeen van ons.






3 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page