top of page

God se reaksie op gebed - Hy antwoord


Ons lees in Psalm 34 hoe Dawid in die lied wat hy skryf hom tot God wend en hoe God reageer. Eerstens prys en loof hy die Here en vers 2 waarin Hy sê: Ek sal die Here altyd weer prys, sy lof sal op my lippe wees., 3 Ek sal die roem van die Here sing; die wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees.


Dawid kom dan en gee ons 'n opdrag in vers 4 waarin hy sê sing saam met my oor die grootheid van die Here en laat ons saam sy Naam prys.


Net die volgende vers, ons teks vers, sê Dawid ;Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare.


Hoekom twyfel ek en jy so? Ons moet leer om meer tot God te nader want hier het ons 'n bewys dat God wel hoor as ons praat.


Maar Dawid gaan 'n bietje verder en deel die vreugde van die wat swaarkry, hy sê, Die wat swaarkry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie terleurgestel nie in hulle verwagtinge nie.


Dawid sê dat hy deel was van die ellendiges wat geroep het. Die Here het gehoor, uit al my benoudheid het Hy my gered.


Weet dat die Here elke woord of gedagte wat opgedra word hoor en Hy sal voorsien of genees indien dit binne sy plan nie.


GEBED

Here my God, mag U elke gebed wat opgedra word beantwoord. Ons leef in tye van benoudheid en het U meer as ooit tevore U stem sal hoor as U ons gebed verhoor. Ons twyfel nie in U nie en weet U reeds die plan in plek gesit het om ons gebede te beantwoord.


Dankie dat ons U mag vra, ek bid dit in Jesus se Naam. AMEN

6 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Komentarze


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page