top of page

God se reaksie op Gebed - Hy antwoord


Ek sluit vandag af met hierdie wonderlike vers. Jeremia 33:3.


Roep my aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie.


Lees die vers weer. Hoor wat sê die Here vir Jeremia. Onthou Jeremia is ingeperk in die binneplaas van die paleiswag. Hy is dus half 'n gevangene met dalk meer vryheid om rond te beweeg. God verskyn aan Jeremia en sê, Roep my aan, dit is iets wat hy van sy kant af doen. Hy moes tyd maak om by God uit te kom. Moeite doen om met God te praat.


Wat beteken die woord "roep" in die konteks van die vers. Wanneer jy iemand roep beteken dit dat eerstens moet ons dit hardop roep na God en tweedens is dit 'n daad wat gedoen moet word, 'n dringende aksie van ons kant. Jy roep ook net mense waarvoor jy lief is of wat deel is van jou lewe. Jy gaan nie'n wilde vreemde man op straat roep nie, nee jy sal na hom toe stap en met hom praat. Dit is nie wat God wil hê nie. Hy wil hê dat ons uit volle bors Hom groep. Dit is ook 'n teken dat jy respek het vir God as jy Hom aanroep. Daar is baie van ons wat daagliks worstel met iets, dalk 'n siekte, slegste omstandigehede waarin jy leef, jou finansie klop nie, of jy is dalk alleen, net soos Jeremia. Die Here kom en sê roep My aan, Ek sal jou antwoord.


Hoor wat doen die Here, Hy sê, Hy sal ons vertel van onverstaanbare dinge waarvan ek en jy nie weet nie. "WOW" wat 'n wonderlike God aanbid ons nie. Baie keer as jy dalk in 'n situasie is, of 'n siekte opgedoen het, is ons geneig om te vra, hoekom ek. Ek was skool vriende met Joost van der Westhuizen en sy reaksie op die dodelike siekte wat hy opgedoen het, was hoekom nie ek nie.


God wil vir ons vertel dit wat ons nie verstaan nie. Wanneer jy Hom aanroep mag Hy dalk vir jou sê hoekom jy deur die moeilike tyd gaan, hoekom klop jou finansies nie. Dit is vir my en jou onverstaanbaar maar God weet wat sy plan met my en jou is. Die Here sê ook, dat Hy groot en onverstaanbare dinge bekend gaan maak.


Hierwaar ek nou sit, maak ek dit my doel vandag om die Here aan te roep. Ons primêre roeping in die lewe is om God te dien en om mense dissipels te maak. Kom ons gaan vandag en vertel die wêreld dat die Here hulle roep sodat hulle ook van die groot en onverstaanbare kan weet. Ons weet ook as God sê iets is groot, is dit groot. Hoekom dan nou nie dit glo nie.


Hierdie vers is die beste kersgeskenk wat God vir my kon gee. Die belangrikste wat ek uit die vers neem en dit is waaroor ons tema gaan, God antwoord want Hy het gesê Jeremia, ek sal jou antwoord.


Is ek en jy nie dalk te bang om vir God iets te vra nie. Baie van ons sal dalk redeneer dat ek dit reeds vir God gegee het, Hy weet wat ek nodig het. Ek kan jou verseker as jy aanhou vra, nee aanhou roep, sal God verseker antwoord indien dit binne sy wil is.


GEBED

O Heer, elkeen wat hier gelees het kom vanoggend en roep U aan. Antwoord hulle en maak die groot en onverstaanbare aan hulle bekend, dinge waarvan ons nie eers weet nie. Hoor die hulp geroep van U kinders. Ons weet Here dat U sal antwoord want U kom sê dit vanoggend vir ons. Dankie dat ons U kan vertrou en ons lewens vir U kan gee. AMEN



5 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comentários


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page