top of page
Writer's pictureGeloof

God se reaksie op gebed - Hy is naby

Ons het in die vorige 3 blogposts gehoor dat God ons gebed antwoord maar dis nie al wat hy doen nie, Hy se ook dat Hy naby is.Hy is dus hier in ons, sy Heilige Gees.


Het al die gevoel gekry as jy stil raak dat jy weet God is hier by jou. Wanneer jy jou oë toemaak, kry jy 'n warm gevoel in die hart.


So skryf die skrywer van Deuteronomium in vers 4:7 - "Watter groot nasie se god is so by hom soos die Here ons God by ons is elke keer as ons tot Hom bid.


Hoekom twyfel ons so as ons bid.God is by ons as ons bid.? Ek kan getuig van, hoe om te weet God id naby jou.My dogter studeer tans medies en met die eksamens wat hulle nou geskryf was daar groor deurmekaar spul. Vakke is geskuif na ander tye en dit het elke student se studierooster heeltemal deur mekaar gemaak. As gevolg van die volume van die werk moet jy reeds lank voor die tyd begin studeer. En hier kom die universiteit en druk 'n besemstok in die wiel.Hulle moet oor 'n vak skryf wat hulle nog nie eers behandel het nie. Sy het 'n baie goeie punt gekry vir die vak. God is daar.


As mens was baie gespanne en onder geweldige druk. Sy het haar oë toegeknyp, gebid en geskryf, en hier is nou weer 'n rede hoekom daar vanoggend vir ons gesê word dat God is naby.

Lukas skryf in Handelinge 17:27 - God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie vêr van enigeen van ons af nie, want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons.


As jy voel jy bid en God hoor jou nie weet net Hy is daar, soek Hom in die Gees. Hy is daar naby jou, nee, binne jou. Moet nie die duiwel die kans gee om jou te beinvloed nie. Ons lewe deur God, ons beweeg duer God en ons bestaan deur God.


God is naby jou in alles wat jy doen. Hy het saam met die Israeliete getrek vir 40 jaar deur die woestyn. Die woestyn waarin jy is, is vir God kinderspeletjies.















1 view0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page