top of page

Goddelike Vrede - Wat beteken dit?

Kom ons lees in Johannes 14:27 - Julle hoef nie bekommerd te wees nie. Ek los ook vir julle 'n geskenk wanneer Ek weggaan: vrede! Moet dit egter nie verwar met die oppervlakkige vrede van hierdie wêreld nie. Dit is vrede wat iemand net by My kan kry. Daarom hoef julle nie gespanne of selfs bang te voel oor die toekoms nie.


Lees gerus Johannes 14 en hoor hoe die dissipels Jesus vrae vra en baie onseker klink. Ons moet onthou dat hulle baie naby Jesus was maar tog ver van God. Tomas vra die vraag in vers 5; "met alle respek, Here'', se Tomas "ons ken nie eers die adres waarheen U gaan nie. Hoe op aarde sal ons weet watter pad on te vat. Ons kom tot die gevolgtrekking dat Tomas hier aards praat. Hy soek die fisiese adres.


Filippus vra ook die vraag: Here, waar's die Vader? Wys Hom vir ons. Dan sal ons teverede wees en niks verder vra nie. Is ek en jy nie ook geneig om eers bewys te kry voordat ons iets glo nie. Daar moet eers kontrekte bewys wees voordat jy iets sal aanvaar. Jesus antwoord hom met die kinderlike woorde: Luister mooi. Wie My gesien het, het ook die Vader gesien. Soek jy ook eers 'n bewys of aanvaar jy dat Jesus en God een is. In vers 11 vra Jesus die vraag, vind julle dit moeilik om te glo wat Ek sê? Jesus antwoord die vraag vir hulle met sie woorde: Oordeel julle maar self of dit van God af kom of nie. Hier kom die gedagte by my op en vra jouself die vraag af, Wat het Jesus (God) al vir jou in jou lewe gedoen?


Hierdie gesprek wat Jesus met die dissipels het kan ons ook maar gereeld lees en die gesprek met God hê want dit sal ons herinner aan God se getrouheid aan ons. Jesus wil ons bemoedig en krag gee in vers 11: "luister nou 'n bietjie hier: as iemand My vertrou, sal hy dieselfde dinge doen as wat Ek doen. Om die waarheid te sê, hy sal meer doen, want Ek gaan binnekort na die Vader toe. Kan ons bekostig om God nie te vertrou nie?


Ons moet tot die besef kom dat Jesus alreeds baie vir ons gedoen het maar dat as ons vertrou sal ons self meer kan doen. Nou kan jy jouself afvra, Hoe is dit moontlik en hoe gaan ons dit kan doen?


Die antwoord word vir ons in vers 13-14 gegee. Hoe gaan julle dit regkry om meer te doen? Om met God te praat deur middel van gebed gaan julle baie help. Ek sal vir julle gee wat julle vra, maar dan moet julle dit vra in gehoorsame afhanklikheid van My. Wat julle so vra, sal Ek gee. Dan sal julle dieselfde wonderlike dinge as Ek doen. Die gevolg sal wees dat God so deur My toedoen vereer word.


Jesus sê ook aan hulle dat God ons nie alleen sal los nie. Hy stuur vir ons 'n helper, die Heilige Gees. Ek is nou so dankbaar dat die Here hierdie gedeelte oor my pad gebring het, al het ek dit al baie gelees en selfs in my bybel onderstreep. Nou eers verstaan ek regtig wat God bedoel. Hoor wat sê Jesus. Die gees sal julle nooit alleen los nie, maar oral by julle wees. Julle sal gou die Gees in julle lewe herken, want Hy sal heeltemal deel word van julle. Hy sal nie net by julle wees nie maar ook in julle. Die sondige mens sal egter nie eers weet die Gees is daar nie en die Gees sal ook nie deel van hulle lewe word nie. Hulle sal ook glad nie op die golflengte van die Gees ingestel wees nie.


Besef jy wat hier staan?


Dit is wanneer jy Goddelike vrede ervaar wanner die Heilige Gees binne jou werk en die sondige mens in jou sal dit nie eers weet nie. Die Heilige Gees is die stemmetjie binne jou wat vir jou sê as iets verkeerd is of jy dalk iets nie moet doen nie. Wanneer jy God vertrou met alles wat jy het, sal jy sy Goddelike vrede ervaar. Ons word weer herinner dat ons nie bekommerd moet wees nie, Jesus het vir ons 'n geskenk gelos, vrede. Dit is tog wat ons soek en ons dit net by Jesus sal kan vind. Daarom hoef ons nie bang of bekommerd te wees oor die toekoms nie.


Jesus besef dat die tyd vir Hom hier op aarde word min en dat Hy sal opvaar na die Vader. So raak ons tyd ook min en sal moet leer om op God te vertrou. Ons word daagliks deur die duiwel aangeval en dit is presies wat Jesus vir die dissipels sê in vers 30. Maar daar is 'n verskil wanneer jy in Jesus leef en sy Goddelike vrede ervaar sal die duiwel nie'n houvas op jou hê nie. Jesus gebruik die woorde, hy het nie 'n houvas op My nie en ook dus nie op ons nie. Om Goddelike vrede te ervaar, wat al reeds aan elkeen van ons gegee is, moet ons die Heilige Gees toelaat om in ons en deur ons te werk en toe te laat om ons te verander, soos God ons wil hê.


Ek ervaar nou hier, waar ek hierdie boodskap stuur tik, hoe God binne my werk. Dit wat jy hier lees kom direk van God moet dit dus nie ligtelik opneem nie. Kom ons laat toe dat God, Jesus en die Heilige Gees ons vul en sy vrede te ervaar, te geniet en met ander te deel.


Here, dit is my gebed vir elkeen wat hier lees, met U liefde gevul sla word deur die werking van die Heilige Gees om te verhoed dat die duiwel nie 'n houvas op hierdie wonderlike persoon sal kry nie. Dankie vir die geskenk wat U vir agter gelaat het om ons, as sondaars, deel te maak van U planne.


My gebed is dat elkeen meer op U sal vertrou en dat die Heilige Gees elkeen se denke so sal verander dat U daardeur vereer sal word. Gee dat elkeen met U sal praat deur gebed en dat U elkeen se gebed sal aanhoor en sal help waar ons deur moeilike tye gaan.Here U sê dat indien ons in gehoorsame afhanklikheid vra, dat U sal gee.


Help ons om dit te verstaan en daar volgens te lewe.


In Jesus se Naam bid ek dit nou. AMEN


Ontvang nou die seën van die Here, deur te belei dat Jesus die Christus, Seun van God is.

26 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page