top of page

Hoe wen jy die oorlog?


Die baie bekende storie van Dawid en Goliat het ons alamal al seker baie ker gelees. Tydens ons pinkster diens het ons leraar dit net weer uitgelig en wil dit graag met julle deel.


1 Sameul 17: 40 -47


40. Hy vat sy kierie, soek vir hom vyf spoelklippies uit in die spruit, druk dit in die kantsakkie van sy bladsak en met sy slingervel in sy hand gaan hy na die Filistyn toe.


41. Die Filistyn kom al hoe nader na Dawid toe. Voor hom loop die man wat die groot skild dra.


42. Toe die Filistyn Dawid mooi bekyk en sien dat hy sommer nog ’n kind is met ’n seunsgesig, het hy hom geminag.


43. Hy sê toe vir Dawid: “Dink jy ek is ’n hond dat jy met stokke na my toe kom?” Hy het Dawid vervloek in die naam van sy gode


44. en vir hom gesê: “Kom hier, dat ek jou vleis vir die aasvoëls en jakkalse kan voer.”


45. Maar Dawid sê vir die Filistyn: “Jy kom teen my veg met ’n swaard en ’n spies en ’n kromswaard, maar ek veg teen jou in die Naam van die magtige Here, die God van die manskappe van Israel, met wie jy gespot het.


46. Vandag gaan die Here jou aan my oorgee: ek gaan jou neerslaan en jou kop afkap. Vandag gaan ek die lyke van die soldate van die Filistyne vir die aasvoëls en die jakkalse voer. Dan sal die hele wêreld weet dat Israel ’n God het,


47. en al die mense wat hier bymekaar is, sal weet dat die Here nie swaarde en spiese nodig het om mee te red nie. Die Here besluit wie ’n oorlog wen en Hy het julle klaar aan ons oorgegee.”


Leef jouself in die situasie in. Hierdie groot man teen die klein mannetjie. Dawid het gesukkel om Saul se gevegsklere aan te trek want dit was te swaar. Wanneer jy in so 'n geveg ingaan is jy versker voorbereid daarvoor en gaan ook nie dit aanpak as jy nie glo dat jy gaan wen nie. Dawid het verseker geweet dat God aan sy kant is en dat Hy hom ten volle sal ondersteun.


So gaan ons almal in baie oorloë elke dag van ons lewens. Ons moet besef dat God ook saam ons in daardie oorloë is soos hy dit in vers 45 baie duidelik stel, - maar ek veg teen jou in die Naam van die magtige Here, die God van die manskappe van Israel. Ons met weet dat soos Dawid krag van bo ontvang het so sal ek en jy ook bonatuutlike krag ontvang, krag wat ek en jy nog nooit gehad het nie. Ons moet die oorlog beveg in die Naam van Die Here, die God van almal.


Wanneer jy geestelik instel is op die regte golflengte van die tweerigting radio waarmee jy en God met mekaar praat, sal jy die regte opdragte kry om net soos Dawid, die klere aantrek, die Heilige Gees, wat nodig is om die geveg te wen.


Hoekom sê ek dit?

In vers 47 sê Dawid vir Goliat - Die Here besluit wie ’n oorlog wen en Hy het julle klaar aan ons oorgegee.”


Wanneer jy soos Dawid ingestel is met die regte houding, op die regte golflengte ingestel is en waneer jy besef dat God besluit wie gaan wen, het jy reeds die oorlog gewen. Maak nie saak of die oorlog groot of klein is nie, jy het dit reeds gewen.


Almagtige Vader, ons kom staan vanoggend voor U en vra U om die kommunikasie tussen ons op die regte golfengte in te stel. Laat die Heilige Gees ons radio instel sodat ons die nodige opdragte van U kan ontvang. Dit is my gebed dat U elkeen wat hier lees sal toerus met die regte wapenrusting om die oorloë waarteen hulle veg, in die Naam van die Here, sal aanpas en dat elkeen sal besef dat U besluit wie gaan die wenner wees. In die Naam van God kom ek en ek kom vra U om elkeen by te staan soos U vir die kleine Dawid bygestaan het.

5 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page