Hoekom moet ons getuig?
Dit is soos Psalm 119: 27 sê "Ek wil van U magtige dade vertel"
Ons as mens is geneig om slegs iets te glo as ons dit sien, soos die spreuk woorde sê, ek sal dit glo as ek dit sien. Dawid skryf in Psalm 138:1 Ek wil U met my hele hart loof. Laat die gode maar hoor; dit is tot u eer dat ek sing.
Daar is seker baie redes oor hoekom ons moet getuig maar ek wil vandag stilstaan by een aspek en dit is om die wêreld en besonder die die duiwel (satan) stil te staan. Wanneer iemand getuig van God se goedheid, in hulle lewe, word satan net herinnner dat God is baie beter en dat God meer liefde aan ons bewys as wat hy van droom. Jesus se hele lewe is een groot wonderwerk.
1. Hy is gebore uit 'n maagd
2. Hy het van kleins af die skrifgeleerdes meer geleer van God
3. Hoeveel siekes, kruipeles, blindes en selfs dooie mense het het Hy nie genees of laat lewe nie. Ek dink aan Larasus wat na 4 dae uit die dood gered is.
4. Hy is gekruisig, begrawe en het uit die dood opgestaan. Hy het weer aan Sy dissipels verskyn.
So kan ons aangaan en aangaan. Die hele bybel is vol wonderwerke. Ons lees in die woord van die wonderwerke, hoekom vertel ons nie van ons wonderwerk nie. Hoekom getuig ons nie ook van wat in ons lewens gebeur nie. "Seeing in believing" Hoe gaan iemand dit weet as dit nie vertel word nie?
Getuienis is volgens my dié grootste en die maklikste maniere om iemand te oortuig van hoe wonderlik God is. Om net te dink, as jou dag met 'n wonderwerk begin, jy kry dalk 'n boodskap van 'n vriend wat terminaal siek is, groot gewas op die brein en hulle gaan dit nou moet uitsny. Verseker is daardie vriend op jou gebedlys, en met sy laaste besoek voor die operasie, kry hy die nuus dat die gewas, weg is. Dit is net God se hand wat daarin was, God het die gebede van almal wat gebid het aangehoor. 'n Mens kan mos nie anders as om te vertel van God se magtigde dade soos dit in Psalm 119: 27 staan nie.
Jesus het vir Sy disppels gebid in Johannes 17: 20 Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof in My sal kom. Jy sal nie deel wees van Jesus se gebed as jy nie vertel hoeveel Jesus in jou lewe gedoen het nie. As mense tot geloof kom deur jou woorde is jy ook een van Jesus se disippels. Dit ter slot van sake hoekom ons op aarde is.
Ons het die opdrag gekry in Matt 28:19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.
Wat is die belangrikheid daarvan?
Jesus sê dit baie duidelik in Joh 18:37 tydens sy verhoor by Pilatus, Ek moet oor die wêreld getuienis aflê. Hiervoor is ek gebore, en hiervoor het Ek na die wêreld toe gekom.
Het ons nog enige rede om te vra hoekom? Dit word vir ons uitgespel. Ons is hier om dissipels te maak van die nasies. Die maklikste is om te vertel hoe jy dinge ervaar en beleef het of wat met jou gebeur het. Dit is kragtig en het 'n baie groot uitwerking op mense. Selfs koning Herodes was bly om Jesus te sien want hy het gehoop om 'n wonderwerk te sien. Jou getuienis kom by iemand uit wat in d in dieselfde onstandghede is uit, en jou woorde sal maak dat hy/sy tot geloof kom. Is dit nie 'n wonderlike wete dat jy iemand se lewe gered het nie. Ek dink die wêreld is 'n ander plek as ons meer getuig.
Lukas 23: 8 Herodes was baie bly om Jesus te sien. Omdat hy soveel van Hom gehoor het, het hy al 'n geruime tyd die begeerte gehad om Hom te sien. Hy het ook gehoop om Hom een of ander wonderwerk te sien doen.
Dink net hoe wonderlik sal dit wees as jy elke dag hoor van iemand anders se wonderwerk, se getuienis. Sal ons nie met meer dankbaarheid die dag begin en meer geestelik na alles in die lewe kyk nie.
Sluit aan by ons Getuig van God Whatsapp groep
Deel die bladsy met jou vriende, familie. Kom ons getuig van die wonderwerke in jou lewe. Maak nie saak hoe groot of hoe klein nie, dit kan 'n verskil in iemand ander se lewe maak. Daar is dalk net iemand wat deur dieselfde gaan as wat jy gegaan het.
1 Pet 3: 13-14 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? Maar selfs as julle ly omdat julle doen wat reg is, moet julle dit as 'n voorreg beskou. Moenie vir mense bang wees of julle laat afskrik nie.
Comentarios