top of page
Writer's pictureGeloof

Is jy bereid om iemand anders se voete te was?


Die Here kom vanoggend en bekleemtoon net weer aan ons dat ons bereid moet wees om ander se voete te was. Ons moet bereid wees om iemand anders te help, te ondersteun, te bid vir iemand anders want Jesus sê in Johannes 13:7 Wat ek doen begryp jy nie nou nie, maar later sal jy dit verstaan.


Ons begryp ook nie hoekom ons iemand anders moet help nie maar sal verstaan as daardie persoon die pad na die Here toe gevind het. Ons het nie nodig om te verstaan om vir iemand anders iets te doen nie, ons moet dit doen omdat God dit van ons verwag.


Hoor wat sê Jesus in vers 9 - As ek jou nie was nie, het jy nie deel aan my nie. As ons nie bereid is om ander te help nie, in watter vorm ook al, het ons nie deel aan God nie.


Kom ons wees eerlik met mekaar. Hoeveel vat dit nou regtig van my en jou om dalk vir die man op straat 'n brood te koop, of om vir 'n vriendin te bid wat deur moeilike tye gaan. Of vir die die persoon wat jy glad nie ken nie wat sterwend is te bid nie.


Ek dink nie een van ons besef hoe kragtig 'n opregte gebed is nie. Jesus het deur gebed vir Lasarus , wat reeds dood was, opgewek. Gaan gerus na www,geloof.live en kliek op die skakel, gebed versoek, en stuur vir my jou gebed versoek. Ek sal dit deel maak van my gebeds aksie en ek is oortuig dat God jou situasie, siekte of selfs jou finansie verander.


Kom ons was ander se voete deur hulle op te dra na God en te bid vir hulle want dit is hoe ons deel van God kan raak.


Ek sluit af met Mat 18: 20 - Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.

6 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page