top of page
Writer's pictureGeloof

Is jy deel van die uitsondering?

Johannes kom getuig dat Jesus die Christus is, die Seun van God en dat elkeen wat in Hom glo, in sy Naam die ewige lewe kan hê.


Johannes 1:12 (DB)

Daar was egter uitsonderings. Daar was mense wat Hom met oop arms ontvang het. Hulle het Hom en dit waarvoor Hy staan ten volle in geloof aanvaar. Omdat hulle so op Hom vertrou, het Jesus alles vir hulle gedoen wat nodig was om God se kinders te word.


Net uit die een vers kan ons die volgende vrae vir onsself vra:

1.Vorm jy deel van die uitsondering?

2. Ontvang jy Hom met oop arms?

3. Aanvaar jy Hom en dit waarvoor Hy staan?


Gaan dink nou mooi oor die vrae. Raak stil voor God en beantwoord elkeen van die vrae wanneer jy en die Heilige Gees stilraak.


Ons moet besef hoe groot rol Jesus in ons lewens speel. Hy het eerstens vir my en jou mens geword en tussen ons kom woon. In vers 14 staan daar - 'n Mens kan sê Hy het onder ons kom huis opsit. Dit is verseker 'n feit. Hy bring vir my en jou die goeie dinge en dit word in hierdie vertaling so mooi gestel - Hy was soos 'n fontein van die goeie dinge wat God vir ons so onverdiend wil gee. (16) Hy het 'n oorvloed van geskenke van God af wat Hy vir ons wil gee. Daar is geen keer aan al die goeie dinge wat God vir ons gee nie, al verdien ons dit nie. Jesus het egter vir ons die wonderlike goedheid van God af gebring.


Wanneer ons al hierdie dinge ontvang in Jesus se Naam sal ons ondek wat regtig eg en waar is Johannes 1:14


Ons moet nou besef dat Jesus deel vorm van elke dag. Wanneer ons Hom aanvaar en hoekom Hy hier is sal jou dag net vol seëninge wees. Die dag sal volmaak wees as jy Jesus toelaat om dit te laat gebeur. Geen hom toegang tot jou lewe en die res sal vanself gebeur. Ek persoonlik ervaar dit daagliks wanneer ek God toelaat om beheer van my lewe te neem.


Baie mag dalk die vraag vra - Hoekom antwoord Jesus nie my gebede nie?

Is jy deel van die uitsondering!


Gebed

Jesus dankie dat U kom huis opsit het hier by ons en dat ons so naby aan U kan voel. Ons kom ontvang U met oop arms en wil U styf vasdruk en nooit laat gaan nie. Ek wil uit die fontein van goeie dinge drink wat U van die Vader as saam gebring het. Bring asseblief die geskenke wat God vir ons gestuur het sodat U saam met ons die geskenk pakkies kan oopmaak.


Amen



27 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page