top of page

Jesus deel die goeie nuus met Sy dissipels - maar met my en jou ook


Johannes 17 :1


Nadat Jesus dit gesê het, het Hy na die hemel opgekyk en gesê: "Vader, die tyd het gekom. Verheerlik u Seun, sodat die Seun U kan verheelik.


Wat het Jesus vir die dissipels gesê?


Jesus het nie meer deur beeldspraak met die dissipels gepraat nie maar hulle reguit van die Vader vertel want Hy sê in Joh 16: 26, Van daardie dag af sal julle in my Naam bid en hoef Ek nie julle voorspraak by die Vader te wees nie, want die Vader self het julle lief, omdat julle My liefhet en glo dat Ek van God gekom het.


Die dissipels se reaksie is: Kyk, nou praat U reguit en gebruik U nie meer beeldspraak nie. Nou weet ons dat U alles weet. Ons glo nou dat U van God gekom het. Hoe groot moes die oomblik nie vir die dissipels gewees het nie. Hulle het uiteindelik die lig in die tonnel gesien.


Besef ons wat hier staan?

Ons het vrye toegang tot God deur Jesus. Dit is 'n kortpad wat vir ons geskep is. Ons neem so baie keer die kortpad in die lewe en verdwaal dan op die ou einde. Hierdie kortpad is gemerk met baie duidelike aanwysings. Daar is nie afdraai paaie nie, net een reguit pad. Die pad na God.


Kan ek en jy ook dieselfde sê as wat die dissiples gesê het? Ons glo nou dat U van God afgekom het.


Is dit sigbaar in ons lewens vir ander om te sien?

Is ons bereid om dit in die openbaar te erken dat God die Vader is en dat Jesus Sy Seun na die aarde toe gestuur is om die boodskap vir ons te bring?


Wanneer ons eerlik en opreg kan sê dat ons glo sal Jesus die Seun van God, sal Hy nie meer met beeldspraak met ons praat nie maar reguit vetrel van God.



Hoor wat sê Jesus in Joh 16:23; Daardie dag sal julle nie meer vrae aan My stel nie. " Dit verseker Ek julle: Wat julle die Vader ook al in my Naam sal bid, sal Hy vir julle gee. Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees. Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. [Joh 16:33]


Jesus bring dit ook baie duidelik onder die aandag van die dissipels dat dit nie aldag maanskyn en rose gaan wees nie want Hy sê in vers [33], In die wêreld sal julle moelikheid hê, en is dit nie so nie! In dieselfde asem se Jesus, hoe moed, ek het klaar die wêreld oorwin.


GEBED


Jesus baie dankie dat ons nou deur U vrye toegang tot God het. Dat U vir ons sê, wat ons ookal in U naam bid sal ontvang.


Ons kom bid dat U na elkeen sal omsien wat U naam aanroep en tot U bid. Dat U, wat elkeen ookal vra, sal voorsien. Ek bid dat U tye van moelikheid in tye van blydskap sal verander. Dat U:

  • Finansieële deurbrake sal voorsien

  • Gesinne bymekaar sal hou

  • Salarisse sal aanvul waar daar 'n tekort is

  • Nuwe deure sal oop maak vir die wat hulle werk verloor het

  • Die seer sal wegvat waar daar iemand aan die dood afgestaan is

  • Bemoedig waar daar iemand dalk terminaal siek is

  • Vrede gee waar iemand op 'n sterfbed lê

  • Geestelik sal voorsien as iemand vêr van U voel

  • Besighede sal herstel wat swaarkry in die moeilike tye

  • Selfvertroue sal gee as dit ontbreek

  • Motivering sal gee om U te vertrou

  • Die insig te gee om op U gefokus te bly

Jesus ons bid dit in U naam want U sê, wie dit in My naam vra sal ontvang.


Ons kom bely dat U die Seun van God is en dat U die weg na die Vader is. Dat U aan die regterhand van God sit om ons voor te brei. Dat U die wêreld oorwin het om vir ons vrede in die deurmekaar wêreld te bring.


Jesus luister na ons seer, pyn en hoor ons hartsvelange om naby aan U te wees. Nie wat ons wil nie Here, net U wil.



In Jesus se Naam bid ons dit.



AMEN








7 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Kommentare


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page