Sagaria voorspel in Sagaria 9:9 Wees baie bly, dogter van Sion! Juig hardop, dogter van Jerusalem! Kyk, jou koning kom na jou toe. Hy is regverdig en ’n oorwinnaar, maar tog is hy nederig. Hy ry op ’n donkie, die vul van ’n donkie.
Hoor die opgewondenheid in Sagaria se stem, wees bly, juig hardop.
Besef ons wat Jesus regtig vir ons beteken?
Sagaria se "kyk jou koning kom na jou toe. Wees opgewonde en juig."
Markus doen dieselfde. In Markus 11:1-11.
Ons lees in [9] dat Markus se, Dié wat voor geloop en dié wat agteraan gekom het, het uitgeroep: “Prys Hom! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!
Loop jy voor saam met Jesus, is jy oppad saam met Jesus. Is jy bereid om die donkie vir Jesus te gaan haal?
Kom ons maak vandag 'n dag waarin ons saam met Jesus stap. Gaan haal jy vandag die donkie en bring dit vir Hom.
Sit die palm takke op die pad, gooi jou beste klere in die pad en loof en prys Hom.
Loof Hom wat in die Naam van die Here kom. Prys Hom in die hoogste hemel!
Maleagi deel met ons die vreugde wat ons sal beleef in Maleagi 4:2 Maar vir dié van julle wat My liefhet en aan My gehoorsaam is, sal my verlossing soos die son wees. Wanneer dit opkom, jaag dit die donker weg en gee lig. Daar waar die son se strale op ’n seerplek skyn, word dit vinnig gesond. So sal Ek die nuwe lewe oor julle laat kom. Dan sal julle soos opgewonde kinders wees wat ’n nuwe geskenk kry. Julle sal nie kan wag om vir almal daarvan te vertel nie.
But for you who fear My name [with awe-filled reverence], the sun of righteousness will rise with healing in its wings. And you will go forward and leap [joyfully] like calves [released] from the stall.
Kan jy die opgewondenheid in die kalwers sien. Dis hoe ons moet wees as ons elke dag wakker word, wanneer ons uit ons stalle uitgelaat word.
Opgewonde en vol energy om Jesus te loof en te prys. Kom ons doen dit vandag, jeug van vreudge, wees vrolik en vry.
GEBED
Jesus dankie vir die vreudge wat U vir ons bring. Die vrolikheid van U wat ons lewens vir ons oopsluit.
Laatbons vry om U te loof en te prys en van U dankbaarheid te kan getuig.
AMEN
Commentaires