top of page

Jesus ons Geneser


Moses het op die berg op die Here gewag om die Tien Gebooie te ontvang. Toe hy van die berg afkom, het hy so kwaad geword dat hy die kliptafels met die Tien Gebooie flenters gegooi het. Moses het die volk aangesê om die goue kalf te verbrand, dit fyn te maal, die stof op die water te strooi en dit te drink.


Jare later het Jesus die tempel binnegegaan en gesien hoe die geldwisselaars sy Vader se huis in ’n mark omskep het. Hy het ’n sweep gemaak, die tempel ingegaan en hulle uitgejaag. Sien jy die ooreenkoms?


Terwyl die Israeliete in die woestyn was, het hulle slange teëgekom wat hulle gepik het. Hulle was besig om dood te gaan. Moses het tot God om hulp geroep. God het vir hom gesê om ’n bronsslang te maak en dit op ’n paal te sit. Elke keer wanneer iemand deur ’n slang gepik is, moes hulle na die paal kyk en dan sou hulle nie sterf nie.


Jesus het nie ’n bronsslang gemaak nie. Hy het net die siek mense aangeraak of ’n woord gespreek en hulle was genees. Jesus genees vandag nog die siekes. As jy siek is, het ek goeie nuus vir jou. Daar is genesing in die Naam van Jesus.


GEBED: Here, ek bid dat U my sal genees wanneer ek in u teenwoordigheid is; nie net fisies nie, maar ook diep in my siel. Ek bid dat U my hart en my gedagtes sal hernu. Amen.


Geneem uit IN DIE VREDE VAN SY TEENWOORDIGHEID deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.

2 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page