top of page

Jesus se gebed alleen op die berg


Matt 14:23

Nadat Hy die mense weg gestuur het, het Hy allen na die berg toe gegaan om te bid. Toe dit aan word was Hy alleeen.


As daar een van ons is wat kla ons het 'n besige skedule, dink ek ons moet weer daaroor dink. Jesus se skedule en emosionele en geestelike lewe wat Hy gelei het, kan glad nie ge-ewenaar word nie. Hoe dink ek so? Jesus het vir almal omgegee, kos gegee, siekes gesond gemaak, dooies opgewek en vir my en jou aan die kruis gesterf. Die enigste manier om ons verhouding met die Vader, Seun en Heilge Gees lewend te hou, is om tyd saam te spandeer. Dit is die enigste manier hoe dit versterk kan word maar ook kan groei. Alles wat ons oor Jesus lees en self in ons lewens ervaar is dat Jesus baie rustig was, Hy het selfs voor die prosituiu betrap is en hulle haar wou stenig, het Jesus met Sy vinger in die grond geskryf. Sy antwoord was baie sag en reguit. Die een wat nie sonde het nie, laat hy die eerste klip gooi. Kan julle die "softness" in Jesus aanvoel.


Wat het Jesus dan gedoen om so 'n lewe te kan lei? Hy het tyd saam met God in gebed gespandeer. Ons lees dit ook in Lukas 3 nadat Hy gedoop is het Hy gestaan en gebid. Die wonderlik van die gebed is dat die Hemele oopgegaan het.


So kan die Hemele vir my en jou ook oopgaan. Ons moet net genoeg tyd saam met Jesus spandeer. So baie van ons, myself ingesluit, en ek dink dit is reg oor die wêreld, baklei teen die sorge van die lewe. Baie het hulle werk verloor of kry het 'n gedeelte van hulle salaris, sit dalk by die huis en het niks om te eet nie, is bekommerd oor die toekoms van jou besigheid of weet nie hoe jy vir die mense wat vir jou werk te sê, die besigheid maak toe nie.


Dit is hierdie sorge wat die Here wil hê ons voor Sy deur te lê. Lees gerus Matt 6:25-34.


Die sorge van die lewe


[25] “Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie?

[26] Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?

[27] Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng?

[28] En wat bekommer julle julle oor klere? Let op hoe groei die veldlelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie.

[29] Maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie.

[30] As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges?

[31] “Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie.

[32] Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.

[33] Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil


van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

[34] “Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.”



Jesus kom leer ons 'n baie belangrike les vandag. [27] Wie van ons kan deur hom te bekommer sy lewe met een uur verleng. Die lewe is baie kort en een uur gaan verseker nie 'n verskil maak nie maar n ewigheid met God sal. in vers [34] staan " Moet julle dus nie bekommer oor môre nie, want môre bring sy eie bekommernisse. Elke dag genoeg van sy eie moeilikheid.


Ons almal het 'n rolmodel gehad toe jy nog klein was of het hom of haar dalk nog. Dit kan Ab de Villiers wees of Naas Botha, Bruce Springsteen, maak nie saak wie dit was of was nie. Jy het opgesien na daardie persoon, hom of haar gevolg, prente teen jou muur geplak, 'n foto plakboek gemaak. Daardie persoon was jou alles, jy sal vroeg opstaan as daardie persoon optree en dalk in die bokskruit klim.


Het jy 'n plakboek van Jesus of dalk 'n paar Bybel verse teen jou muur wat jou aan Jesus laat herinner.! Staan jy vroeg op of gaan slaap laat om na jou held te kyk?


Wil jy ontslae raak van jou bekommernisse en vrese? Dit is eenvouding. Raadpleeg jou rolmodel, Jesus, Vers [33] geen vir ons die antwoord:" Nee, beywer julle allereers vir die koningkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy ook al hierdie dinge gee."


'n Bekommernis is net 'n bekommernis omdat ons dit 'n bekommernis maak. 'n Bekommernis by God is die antwoord op die bekommernis wat wat nooit bestaan het nie.


Sit ons onsself nie onnodig onderdruk nie. Ons maak die lewe vir onsself baie moeilik en slaag nie daarin om ons rolmodel se voorbeeld te volg nie. Vers [32] Dit is alles dinge waaraan die ongelowiges begaan is.


Maak die besluit vandag om die bekommernis na God te vat want die Hemelse Vader weet tog wat ons alles nodig het.[32].



33 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page