top of page

Jesus se gebed vir sy dissipels - maar ook vir my en vir jou

Ons weet nou dat Jesus die volmag oor ons lewens het want dit staan in Joh 14:2. Hy kom en vra die Vader om Hom te verheerlik omdat Hy die Vader op aarde verheelik het. Ons moet dus vir Jesus verheerlik omdat Hy ons verheerlik het by die Vader.





Hoe het Jesus vir God verheelik? Deur die Naam van God aan die mense wat God aan Hom gegee het te verkondig. Joh 17:6, " Ek het U naam bekend gemaak aan die mense wat U uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het U woord ter harte geneem. Dit is dus ons taak om nou die res van die wêreld van Jesus te vertel?


Hoe doen ons dit?

Johannes maak dit vir ons maklik in 1 Joh 5:1,2, elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is 'n kind van God; en elkeen wat vir die Vader liefhet, het ook die ander lief wat kinders van die Vader is. Hieraan weet ons dat ons kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie gehoorsaam.


Johannes lig dit vir ons baie mooi en duidelik uit, [3] Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie, want enige een wat 'n kind van God is kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof. Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?


Johannes lewer dan getuienis oor Jesus waarin hy noem dat Jesus gekom het deur die water van Sy doop en die bloed van Sy dood, nie net die water of die bloed nie maar die water en die bloed, en die Gees is getuie daarvan. Wie in die Seun glo, besit die getuienis en het die ewige lewe.


Johannes het hierdie brief nie vir 'n spesifieke gemeente geskryf nie maar die brief word as 'n algemene pastorale brief beskou. So, dit is vir my en jou ook geskryf. Hy skryf die brief dat ek en jy kan besef dat ons die ewige lewe het, ons wat in die Seun van God glo.



Hy kom bemoedig ons in [14], En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebed verhoor as ons enige iets volgens sy wil vra. Lees dit weer, enige iets volgens sy wil.


Hy bevestig dit met die woorde van [15], En aangesien ons weet dat Hy ons gebed verhoor as ons iets sò vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra. Ek belemtoon dat dit volgens sy wil vra.


Ons weet dusnou dat ons aan God behoort en dat die Seun van God gekom het om ons verstand te gee om die ware God te ken, en ons is in die ware God, in sy Seun, Jesus Christus.


Hy is die ware God en ewige lewe.


GEBED


Jesus Christus, ons kom bevestig en belei dat U die die Seun van God is, die Christus wat in die water van die doop en die bloed van U dood met ons verenig is en dat die Gees getuig daarvan.


Dankie dat ons nou na die Vader mag gaan en enige iets mag vra na sy wil en dat ons verseker is dat ons sal ontvang wat ons gevra het soos U van ons verwag.


Dankie dat ons weet dat ons weergebore is en nie meer sondig nie en dat U Seun ons bewaar sodat die duiwel nie 'n houvas op ons sal kry nie.


Dankie dat U, Jesus, gekom het om ons verstand te gegee om die ware God te ken.


Dankie dat ons reeds die ewige lewe ontvang het omdat ons in U glo en weet dat U van God, die Vader, af kom en dat Hy U gestuur het.


AMEN

26 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

コメント


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page