top of page

Jesus se Gebede - Die Onse Vader

Ons lees in Matt6:5-14 hoe Jesus die dissipels leer om te bid:



So moet julle bid :


Onse Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word;


laat U koningkryk kom; laat u wil ook op aarde geskied, net soos in die hemel.



 

Gee ons vandag ons daaglikse brood;


en vergeef ons ons oortredings soos ons ook diè vergewe wat teen ons oortree;


 

en laat kom ons nie in die versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose;


 

want aan U behoort die koningkryk, die krag en die heerlikheid, tot in alle ewigheid


AMEN


Wanneer jy die Onse Vader hoor of bid is dit asof die Heilge Gees jou gebeds gesindheid oorneem en jy met die regte gesindheid na God gaan. Jy kry die gevoel van "jy staan voor God". Daai hoendervleis gevoel, jou hare in jou nek en arms staan regop gevoel. Dit is dan wanneer jy weet dat jy in God se teenwoordigheid is.


Jesus het die dissipels geleer omdat daar baie mense was wat in die strate gebid het net om aandag te trek en hulle gebed het geen gewig gedra nie. Hulle het dit gedoen om net aandag te trek en het net 'n klomp woorde gepraat wat niks beteken het nie.


Gebed is 'n heilige oomblik en as jy nie met die regte gesindheid gaan nie moet ek jou meedeel dat dit beteken niks nie. Dit is 'n oomblik wat jy ingeskakel is op die selfde goflengte as Jesus, is 'n oomblik wat nie beskryf kan word nie maar ek gaan probeer. 'n Baie warm gevoel in jou hart maak dat jy fokus op God en jy kry 'n gevoel van gustigheid wat oor jou kom. Die hare op jou lyf kan die teenwoordigheid van die Heilge Gees aanvoel en begin regop staan, dit voel of jy uiterlik begin koud kry maar innerlik is jy aan die brand. Dit is seker so dat ons elkeen nie eenders is nie en seker ook dit anders ervaar. Dit is die wonder van God, ons almal is deel van een liggam maar ons lyk anders, tree ander op, gee om op ons eie unieke manier.



Wanneer jy die Onse Vader bid moet die wêreld rondom jou stilstaan en jy net op God gefokus wees deur middel van die Heilige Gees. Ons lees in Romeine 8:-14-16 dat; [14] Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God. [15] Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: "Abba!" Dit beteken Vader. [16] Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. Wanneer ons met die regte gesidheid, ingesteldheid en houding die Onse Vader bid dink ek sal God meer aandagtig luister na jou gebed. Onthou dit is hoe Jesus die dissipels geleer bid het. Dit is juis gedoen omdat die wêreld gebid het net soos hulle wil. Hulle het nie na die wil van God gevra nie maar na hulle eie wil.


In die eerste gedeelte kom Jesus en sê vir ons, hokaai, bid soos ek. Met respek en deernis, loof God vir Sy goedheid. Gee Hom die erkening wat Hom toekom

In die tweede gedeelte vra ons dat die Here na ons sal omsien, in alle omstadighede. Die brood beteken vir my, geestelike brood, want as jy geestelik reg ingestel is, sal jy geen tekorkominge hê nie en jy sal ook die vergewe wat teen jou oortree het.


Derdens vra ons vir beskerming teen die aanslag van die Bose. Die duiwel loop rond en soek plek om sy kloue in te slaan. Wanneer jy op God ingestel is sal die beproewings groter en meer raak, want hy hou nie daarvan as jy God bo hom kies nie. Ons vra vir hulp om van die bose velos te word.


Kan julle die "bigger picture" sien van die Onse Vader. Dit is 'n gebed wat ons baie meer moet bid, daagliks, en met die regte gesindheid. Maak dit deel van jou rit kantoor toe, of as jy 'n blaas kans vat in jou "tea break". Sing dit as jy bestuur of wanner jy kos maak.


Dit is hoe God wil hê ons moet bid want dit is hoe Jesus Sy dissipels geleer het. Laat ons Jesus se les, se opdrag, uitvoer en nader aan God die Vader, Seun en Heilige Gees leef. Dit is die enigste manier en uitweg wat ons het, tyd in gebed saam met God. Moenie tyd mors nie.


Vir elkeen wat die gedeelte gelees het wil ek vra, as jy die video onder aan luister maak jou oë toe, stel jouself in op God se frekwensie, raak stil, haal diep asem, en wanneer jy die Heilge Gees se teenwoordigheid aavoel, druk die speel knoppie en luister na die woorde. As jy oorfone het sit dit op en sit die klank so hard as wat jy kan hanteer.


My gebed vir jou is dat jy die teenwoordigheid van die Heilige Gees, Jesus en die Almgtige Vader sal aanvoel en Sy goedheid beleef.


Dis trane in die oë mooi en hoendervleis lekker!






39 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page