top of page

JESUS SëEN DIE KINDERTJIES


Matt 19:13-14

[13] Die mense het die kindertjies na Hom toe gebring dat Hy hulle die hande moet oplê en vir hulle moet bid. Sy dissipels het met hulle daaroor geraas.

[14] Maar Jesus het gesê: " Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koningkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle."


Jesus kom leer ons 'n baie belangrike les en dit is om soos 'n kind voor Hom te kom staan. Ons moet soos 'n kind dankbaar wees dat ons 'n pappa het soos Hy. Hy is altyd daar, luister na ons en gee wat ons graag van Hom vra.


Kan julle die hartseer en verdriet in die kindertjies se oë en harte voel as die didssipels met hulle raas. Kinders raak mos baie opgwonde as daar iets nuuts gebeur. Dink terug aan die dae toe jy nog jonk was. Dalk die aand voor kersfees. Die opgewindenheid, die gelag, en die gespeel was alles deel daarvan. Jesus wil graag hê dat ons ook so moet voel as ons voor Hom kom sit sodat Hy ons kan leer.Hy will ook die gelag en opgewondenheid in ons sien. Die opgewondenheid van die storie wat Hy gaan vertel, of dalk 'n wonderwerk wat Hy dalk laat gebeur.


Hoop ek en jy soos 'n kind, vertrou ek en jy soos 'n kind en glo ek en jy soos 'n kind!!


Wanneer ons soos kinders voor God is sal ons volwasse in die wêreld wees. Jesus sê vir ons in Matt 18:1-5:


In daardie tyd het die dissipels by Jesus gekom met die vraag; "Wie is die belangrikste in die koningkryk van die hemel? Jesus het 'n kindjie nader geroep en hom tussen hulle laat staan en gesê: "Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koningkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koningkryk van die hemel. En wie so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang my.


Kan ons nog bekostig om nie soos 'n kindjie voor Jesus te wees nie. Dit staan duidelik dat ons nie die koningkryk van die hemele sal binne gaan as ons nie soos 'n kind word nie. Jesus kom en lê Sy hande op ons en bid vir ons by die Vader. Ons moet ook bereid wees om Jesus se voorbeeld te volg en vir ander die hande op te lê en te bid.


GEBED


Jesus ek kom lê my hande op die persoon wat hier lees.


Jesus ons kom soos kinder voor U en wil kom luister wat U vir ons wil vertel. Help ons om soos kinders te hoop, te vertrou en te glo.


Jesus lê U hande op ons neer sodat ons in die koningkryk van die hemele kan ingaan. Seën ons met U liefde, genade en vertroos ons soos net U kan. Help ons om met volle mag, krag en oorgawe ons heiligheid by U soek.


AMEN




47 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page