top of page

Jesus vaar op na die Hemel


Handeling 1


My eerste boek, Teofilus, het ek geskrywe oor alles wat Jesus gedoen en geleer het, van die begin af

2. tot op die dag van sy hemelvaart. Voordat Hy in die hemel opgeneem is, het Hy deur die Heilige Gees bevele gegee aan die manne wat Hy as apostels uitgekies het.

3. Ná sy dood het Hy aan hulle met baie onbetwisbare bewyse ook getoon dat Hy lewe. In die loop van veertig dae het Hy by verskeie geleenthede aan hulle verskyn en met hulle oor die dinge van die koninkryk van God gepraat.

4. Terwyl Hy 'n keer saam met hulle aan tafel was, het Hy hulle beveel: “Moenie van Jerusalem af weggaan nie, maar bly wag op die gawe wat die Vader belowe het, soos julle van My gehoor het.

5.Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal binne 'n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.”

6 Toe hulle 'n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?”

7 Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie.

8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”


Jesus se hemelvaart


9 Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en 'n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie.

10 Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan.

11. Dié sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.”


Ek kry sommer hoender vleis as ek die gedeelte weer lees. Mens het soveel keer deur dit gelees maar nie regtig verstaan nie. Besef ons dat ons 'n baie groot geskenk, nee dalk die grootste ooit, gekry het in die Hemelvaartsdag. Ons het vir Jesus by ons. Ons hoef Hom nie te soek of agter Hom aanloop nie. Inteendeel Hy loop langs ons oral waar ons gaan. Gister moes ek 'n klient besoek en soos ek ry, begin die Heilige Gees met my praat en ek kon openlik met Hom praat. Ek kon, sonder om my terug te hou, kliphard Jesus loof en prys omdat hy weg is maar nou nader aan my is.


Ek en jy moet wag en nie moed opgee nie. Jy mag dalk ver van Jesus af voel. In vers 4 staan daar duidelik, bly wag vir die gawe wat die Vader belowe het. Net die volgende vers sê Lukas vir Teofilus, dis net 'n paar dae dan gaan jy met die Heilige Gees vervul word. Laat dit vir ons almal van toepasing wees. Hou moed.


Ons almal weet dat Jesus opgevaar het om aan die regterhand van God te gaan sit om 'n plekkie vir my en jou te gaan regmaak maar ons kry 'n baie groot opdrag. Wanneer jy die Heilige Gees ontvang moet ons uitgaan en ander vertel tot in die verste uithoeke van die wêreld. Daar is geen nut om die Heilige Gees te ontvang en nie te gebruik nie. Wanneer daar iets in jou of iemand anders se lewe gebeur moet dit aan die uithoeke van die wêreld versprei word. Kom ons voer die opdrag uit soos ons dit ontvang het.


Indien jy iets wil deel en nie weet hoe nie, gaan na www.geloof.live en kliek op die skakel - ek wil getuig, en deel dit met ons sodat ons dit deur al ons sosiale platvorms kan deel.


JESUS ONS KOM DANK EN LOOF U VANOGGEND DAT U ONS KOM SEëN HET MET DIE HEILIGE GEES EN DAT U NOU ELKE DAG SAAM MET ONS IS. DAT U ONS HAND SAL VAT WAAR ONS DIE PAD VERLOOR HET, DALK DEUR 'N MOEILIKE TYD GAAN, OF DEUR DIE SIEKTE WAT GEDIANOSEER IS TE VAT. ONS BESEF NOU DAT U ONS 'N BAIE GROOT GESKENK GEGEE HET, NAAMLIK DIE HEILIGE GEES. HELP ELKEEN VAN ONS OM TE BESEF DAT ONS DIT VIR DIE WêRELD DAAR BUITE MOET VERTEL VAN DIE WONDERS WAT U IN ONS LEWENS KOM DOEN HET.


AMEN

8 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page