top of page
Writer's pictureGeloof

Jesus word gekruisig

Simon dra Jesus se kruis - Lukas 23:26

Soos ons gister weer beleef het en ervaar het, het Jesus vir my en vir jou aan die kruis gesterf. Besef ons regtig wat Jesus vir ons gedoen het. Ek het gister intens beleef wat die kruisiging beteken.


As iemand gekruisig is, was dit die uiterlikste vorm van dood maak. Dit was verseker die grusaamste dood wat iemand kan sterf. Kan jy jouself indink om voor die tyd te weet dat dit die manier is hoe jy gaan sterf. Die emosies wat Jesus moes deur werk en beleef. Die feit dat Hy in die tuin saam met die dissipels gebid het, Hy het God gevra om die leidingsbeker van Hom weg te neem. (Lukas 22:42) Jesus se verhouding met God was so goed dat Jesus Hom vertrou het met die woorde, laat nogtans nie my wil nie maar U wil geskied. Kan jy die diepe innerlike verhouding wat Jesus met God gehad het voel. Net in die volgende vers stuur God 'n Engel om Jesus te versterk.


Leef jouself in die oomblik in. Jy weet jy gaan sterf op die slegste manier denkbaar. In die situasie het Jesus nog erger gebid aangesien Hy het in doodsangs geraak. Hy was 'n emosionele wrak en nogsteeds het Jesus so gebid dat sy trane soos bloed op die grond geval het.


Nadat Hy klaar gebid het het Hy terug gegaan na die dissipels en vang hulle almal en slaap. Die dissipels het geweet wat gaan gebeur maar het geslaap. Is ons nie ook maar so nie. Moes hulle nie maar ook gebid het soos Jesus nie. Wanneer ons ook in situasie kom waar ons angs en vrees beleef moet ons bid. Bid dat Jesus, die Heilige Gees, beheer sal neem oor die situasie en verandering bring. Wanneer my en jou verhouding met Jesus, Heilige Gees en God van so aard is soos Jesus en God sin was, sal God ook die engel na jou toe stuur.


Ek luitser gister Ds Andries Enslin se preek waar hy verduidelik hoe naby Jesus, Heilige Gees en God regtig aan ons is. Met Jesus se afsterwe het God die pad na die Hemel kom oopmaak. Jesus is nou ons direkte komminukasie na God. Ons weet nou dat die poort na die Hemel is oop vir die wat daarna soek. Met Jesus se grusame dood is ons baan gelyk gemaak en alle "poholes" is gevul. Gaan ek en jy ook lê en slaap soos die dissipels?


Ek dink nie ons kan besef wat Jesus regtig vir ons gedoen het. In Lukas 23:26 het soldate 'n man gegryp, Simon van Sirene, om Jesus se kruis te dra. Is ek en jy bereid om Jesus se kruis te dra?

Wat beteken dit om die kruis te dra? Dit is om onsself in te leef in die kruisiging, te beleef en om waardering te hê vir wat Hy vior ons gedoen het. Jesus het nie verniet gesterf nie. Hy het gesterf vir my en jou. Om vir ons die geleentheid te gee om 'n verskil te kan maak in die werêld waarin ons leef.


Dra Jesus se kruis deur hierdie naweek en beleef hoe die Hemel oopmaak vir jou. Voel God se teenwoordiheid aan, deel jou hart met God. Laat jou trane ook soos bloeddruppels op die grond val. Moenie soos dissipels aan die slaap gevang word nie.


Gebed

Jesus ons kom dank U vir die wete dat die pad na die Hemel nou gelyk gemaak is. Die seer en angs wat U beleef het. Ons kom vanoggend voor U en dank U vir die geleentheid wat ons gegun word. Dankie dat ons net kan stilraak en na U soek, en U is daar. Dankie God vir die Engel wat U ook vir ons sal stuur.


Here bewaak elkeen wat hier lees met die Heilige Gees, laat elkeen se trane "bloeddruppels" verdwyn deur die Engel wat hulle bystaan.


In Jesus se Naam bid ek dit.


16 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page