top of page

Job 10 - Job kla by God


As jy die nie die storie van Job gevolg het nie, kom ek herinner jou net daaraan. God het met die Engele gesels en Satan het tussen hulle kom staan. God vra vir Satan, wat maak jy hier. Satan se antwoord is dat hy deur wêreld getoer het en hier is hy nou. God het vir Satan gevra het jy my vriend Job gesien. Satan antwoord ja. Eers het God vir Satan toegelaat om Job se alles van hom af weg te neem, sy familie, alles wat hy besit. Job was 'n gesiene man in die omgewing maar Satan mag nie aan Job dood maak nie.


Job gaan deur al die ellende en seer en in Job 10 kla Job by God. Job begin met hy haat sy lewe en hy sien nie meer kans om so aan te gaan nie. Hy vra in vers 2 - Ek gaan vir die Here sê: Moenie my straf nie. Sê vir my waarvoor U my aankla.


Job vra weer in vers 4 - Is u oë maar net soos 'n gewone mens s'n .Dit lyk of U na dinge kyk soos gewone daarna kyk. Job sien God dus as 'n gewone mens. Hoekom sê ek dit want net in die volgende vers sê Job - U lewe is mos nie kort soos 'n mens s'n nie. Here hoekom soek U dan so hard na die foute wat ek gemaak het. Dan sê hy vir God, U weet dat ek onskuldig en dat daar niemand is wat die mag het wat hom uit God se mag kan red nie.


Dan gaan hy aan oor hoe God hom gemaak het, gevorm het uit klein en nou weer tot stof wil maak. Hy sê dat God verantwoordelike is dat sy lewe begin het.


Job gaan deur geweldige emosisionele gedagte en oomblikke maar nogsteeds bly hy positief. Hoor die woorde in vers 12 - U het vir my lewe gegee. U liefde is ook altyd daar. Dit is nie een dag op en die ander dag af nie. Omdat U my liefhet, het U my nog nooit in die steek gelaat nie. U sorg het gemaak dat ek nog kan aangaan my my lewe.


Ons moet besef en dit elke dag deel maak van ons dag. Dit wat ons deurgaan is 'n druppel in die emmer teen wat Job moes deurmaak. Besef dat God vir my en jou lewe gegee, soos klei gevorm het. Dat sy liefde ook vir my en jou altyd daar sal wees. Wanneer ons God tenvolle vertou sal die die eendag op en die ander dag nie af wees nie. HY HET ONS BAIE LIEF. Hy sal vir my en jou nie in die steek laat nie. Ons is in sy sorg en ons het rede om aan te gaan met die lewe.


Ons is so gewoont om oor alles te kla, dit is nie reg nie of die kos is koud wat jy by die restaurant bestel het, of alles is so duur. Wanneer jy weer koue kos kry, vra dat hulle dit vir jou inpak om weg te neem en bestel weer die kos. Daar is so baie mens wat nie kos het nie, maar wat wel bereid is om die koue kos te eet. Dit gaan meer beteken as wat die dubbel rekening wat jy moet betaal.


God sorg vir my en jou net soos Hy vir Job gesorg het. Ons moet ophou kla, ons is baie beter af as Job. Ons het, Jesus wat in ons lewe en die Heilige Gees wat ons ons dra elke oomblik van die dag. Jou dag gaan nie meer op en die volgende dag af wees nie.


GOD HET ONS BAIE LIEF




5 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page