top of page

Job 11 - Sofar antwoord Job


In hierdie gedeelte maak ek die afleiding dat Job baie gebabbel het. Hy het oor baie dinge gedink en dan daaroor gepraat want self Sofar het vir Job gesê, moet ek nou stilbly terwyl jy aanhou met jou gebabbel?


Een ding is verseker en dit is dat Job oortuig was dat hy onskuldig is want Sofar sê vir Job in vers 4 - Jy is baie seker van jouself as jy sê, Wat ek glo, is reg en: Vir die Here is ek onskuldig.


Sofar sê vir Job hy wens dat God met Job moet praat en vir Job sê wat Hy dink. Ek maak die afleiding dat Satan Sofar gebruik om Job te probeer beinvloed deur al die woorde wat Sofar sê. Sofar sê ek wens Hy wil vir jou vertel wat die geheime van wysheid is. Ware wysheid is ingewikkeld: dit het meer as een kant. Dan sal jy insien dat God jou baie lig straf. Jy verdien eintlik om baie swaarder gestraf te word.J y kan duidelik hoor hoe Satan sy invloed op Sofar gebruik om twyfel by Job te skep. Met sy slinkse woorde wil hy vir Job probeer beinvloed. Hoekom sê ek dit? Want dit is nie God wat Job straf nie, God het vir Satan toegelaat om Job te probeer reuneer. In die eerste paar boeke het God vir Satan gesê , jy kan hom alles aan hom doen maar jy mag hom nie dood maak nie.


Dit gebeur baie met my en jou waar ons aangeval word die die slinkse Satan. Hy sal twyfel kweek in jou besluite, gedagtes in jou kop laat opkom om sleg van iemand anders te praat of om iemand anders lelik te behandel. Ek kan heeldag sit en ' lys maak waartoe Satan in staat is.


Sofa gee vir Job baie goeie raad in vers 13 - Job jy moet jou houding teemoor God regkry. Steek jou hande na Hom toe uit om te wys dat jy van Hom afhanklik is. 15 - Dan sal jy weer jou kop kan optel sonder om skaam te wees. Jy sal veilig kan voel en weet jy hoef nie bang te wees nie. 16 - Jy sal van jou swaarkry vergeet. Dit sal soos water wees wat verby loop en nie weer terugkom nie. Jy sal daarvan vergeet 17 - Dit sal met jou goed gaan. Jou lewe sal meer lig hê as die son wat in die middag skyn. As daar donder tye in jou lewe kom, sal dit soos lig wees.


Wat se wonderlike raad kry ons nie hier nie, kry jou houding reg teenoor God. Steek jou hande op en wys vir God jy is afhanklik van Hom dan sal jou lig skyn en selfs in die donker tye sal soos lig wees.


Nou kom die vraagby my op. Hoe leef ek afhanklik van God? Dis eenvoudig, ken Hom in alles, gee Hom alles wat jou pla, geen jou siekte vir Hom, jou finansiële situasie en dit sal jou lig laat skyn in die donker tye.


Here ek kom vra vanoggend dat U elkeen wat hier lees sal vul met die Heilige Gees sodat hulle hulle hande sal opsteek en besef dat hulle van U afhanklik is. In U Naam bid ek dit. AMEN

9 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page