top of page

Job 12 - God se wysheid


Dit is seker vir my die gedeelte in die boek wat my hare laat regop laat staan. Die vraag kom by my op, Weet ons regtig hoe wys God is?


Hoor wat Job in vers 13 sê - Maar God is eintlik die Een wat wysheid en krag het. Hy het altyd goeie raad. Net die volgende vers beklemtoon hy dat as God iets vernietig het, kan dit nie weer opgebou word nie. Dit is nou krag!!!


As Hy keer dat dit reën dan is daar droogte. In vers 16 sê hy - Die Here het krag en Hy wen altyd.


Hoekom sal ek en jy dan nou stry teen so Almagtige God. Hier word dit bevestig wat ek en jy reeds weet, en soms ons nie daaraan stur nie. God is almagting met al die wysheid en krag.

Hoekom twyfel ons so baie en glo te min. Hy is tot alles instaat. Vertrou hom net. Dit is hoe eenvoudig dit regtig is.


Deel jou hart met die Here en Hy sal die wysheid en krag vir my en jou gee om die regte besluit te neem, om te glo dat die siekte reeds gewen is of dat jou finansies reeds uitgesorteer is. Die werks waarvoor jy dalk lank vra, daardie kontrak is reeds opgestel. Dit is dalk omdat ons nie glo nie wat ons dit nie raaksien nie.


Onthou dit wat God vernietig kan nie weer herstel word nie.Ons ontvang elke dag soveel genade, kom ons gee die eer aan Hom deur gedurig ingesprek met Hom te kom, te dink aan Hom wat ons so genadig is en om Hom te bedank vir sy goedheid vir ons.


Dankie ABBA VADER

14 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page