Ons is nou al in hoofstuk 12 en dit is die vierde keer wat Job praat. Hy het dus baie geluister na wat die mense vir hom sê en dit is duidelik uit vers 1 dat hy dink hulle weet beter. - Sjoe, maar julle dink julle is darem slim mense! As julle doodgaan, is alle kennis saam met julle daarmee heen..
Hy sê in vers 4, julle is niks beter as ek nie. Dan kom hy en en val hulle half aan met die woorde in die vers waarin hy sê, julle my vriende lag muy uit. Hier is vandag se teks vers om te memoriseer, - Die Here het my nog altyd geantwoord as ek Hom iets gevra het.
Wanneer ons reg lewe soos Job sal ons antwoorde van God af kry. Ons moet onthou die situasie waarin Job hom bevind en tog bly hy positief en gee dan weer vir die mense raad in vers 7 - Gaan gerus na die diere en die voëls in die lug, hulle kan julle baie leer en vertel.
Dink mooi daaroor na, hulle het nie bekommernisse nie, hulle lê nie nagte wakker en bekommer hulle oor iets nie. Dit mag dalk snaaks klink maar hulle is permanent op vakansie, slaap vanaand hier en môre weer daar. Vandag eet hulle lekker aan iemand wat vir hulle dalk kos uitgesit het en môre kom eet hulle my honde se kos. Hy noem ook dat die aarde het baie om vir ons te leer en so ook die visse in die see.
Hoor wat hy sê in vers 9 - die voëls, die visse en die aarde weet dat die Here alles gemaak het.
Ons almal weet dat ons van God afhanlik is en dit word bevestig in vers 10 - Alles wat lewe, let wel alles, is van Hom afhanklik. elke enkele mens is vir sy asem van die Here afhanklik.
Dus moet ons besef dat elke oggend as ons wakker word en asem haal, is net uit genade uit die hand van God. Ons moet in afhanlikheid saam met God lewe want dan sal ons altyd antwoorde kry as ons iets vir die Here vra, net soos Job dit in vers 4 baie duidelik stel.
Here dankie dat ek vanoggend kon wakker word en asem te kan haal. Help almal wat hier lees om ook te besef dat die net uit genade is dat ons dit kan doen. AMEN
Comments