Wanneer jy die hele Job 13 lees sal jy agterkom dat Job nie in sy skik is met sy vriende nie. Hulle probeer hom voorsê maar hy wil self met God praat. Hy sê in vers 3 - Ek wens darem dat ek self met God kan praat, al is HY so vreeslik magtig. Ek sal bitter graag vir Hom wl sê hoe ek or dinge voel.
Hy besef dat nie sommer enige mens met God kan praat nie. En van vers 13 af sê hy vir sy vriende "Bly net 'n slag stil en los my uit! Ek wil my sê sê, maak nie saak wat met my gebeur nie.
Dit is vir my 'n teken dat Job reg is om met God te praat.
In die tye van Job was daar slegs uitgesoekte mense wat regtig met God kon praat. Ek dink aan Moses wat veblind was deur die brandende bos. Ons het vandag die Heilige Gees en vir Jesus Christus waarmee ons kan praat net so veel as ons wil. Jesus het vir die deur na God kom oopmaak.
Hoor Job e eerste vraag.in vers 21 - Eerstens vra ek dat U my nie meer so swaar sal laat kry nie.
God het toegelaat dat Satan vir Job so laat swaarkry. Job het deur die hande van Satan alles verloor, selfs sy familie. Hy het al sy besigheid en rykdom verloor. Maar dit is een ding wat God vooraf geweet het en dit is dat Job vas sal bly staan in God. Tweedens vra Job moenie dat U geweldige teenwoordigheid mys so bang maak nie. Hier kan ons hoor dat Job gewldige respek vir God gehad het. Hy was bang vir God.
Ons is vandag in die posisie om net ons oë te kan toemaak en met Jesus te praat. Nog beter die Heilige Gees sal die woorde in ons mond plaas. Waarvoor moet ons bang wees.
Kom ons maak soos Job gemaak het en vra die swaarkry wat ons beleef sal verander in vreugde want ons weet nou dat ons hoef nie bang te wees vir God nie. Hy is alom teenwoordig is ons lewens elke dag.
Gaan daar waar jy nou die gedeelte lees en bid vir een minute lank en vra dat God jou swaarkry sal verander. Ons dien 'n lewende God en Hy sal nie nie jou gebede aanhoor nie.
Daar is vreugde in meer tyd saam met God.
コメント