top of page

Job 2 - Satan tref Job met pynlike swere


Net soos in die vorige boek het die hemelwesens by mekaar gekom by die Here en Satan was ook daar. God vra hom toe weer die vraag, wat maak jy hier? En Satan antwoord die Here weer, ek het die wêreld deurkruis.


Weer vra die Here of hy vir Job gesien het. Die Here noem dit weer dat daar nie 'n gelyke vir Job hier op aarde is nie. Satan noem dat aan die Here dat dit niks bewys nie. 'n Man sal mos alles ge wat hy het as hy net kan bly lewe. As 'n mens aan sy liggaam raak dan kyk ons of hy U nie in die gesig sal vervloek nie.


Die Here reageer deur te sê, goed dan hy is in jou mag, maar jy mag nie sy lewe neem nie. Satan tref Job met pynlike swere van sy kop tot sy tone. Dit was so erg dat Job op 'n ashoop gaan sit het en met 'n potskerf probeer het om van die swere ontslae te raak.


Job se vrou het aan Job gevra hoekom hy nog steeds vroom by teenoor die Here. Sy sê vir hom reguit, vervloek Gog en sterf. Soos die goeie mens wat Job was sê hy vir haar, jy praat nou soos 'n vroumens sonder verstand.


Vandag se vers wat uitsaan is vers 10 - As ons die goeie van God aanvaar, moet ons ook nie slegte aanvaar nie?


Deur alles het Job met geen woorde gesondig nie. Jopb is vir my en jou 'n baie goeie voorbeeld van hoe ons saam met God moet lewe. Sy vertroue in God en ook sy gesindheid teenoor God het nie verander nie.


Kom ons deurdink hiedie gesindheid en geloof in God en pas dit toe in ons lewens. Mag ek en jy hierdie gesindheid en geloof daagliks beleef en toepas al gebeur daar dinge in die lewe wat ons ook sal onderdruk soos dit met Job gegaan het. Ons moet onthu dat Job het alles verloor, sy kinders and al sy vee en diere en is ook met pynlike swere getref, en het nie teenoor God gesondig nie.

4 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page